Rose-Anne Botha is ‘n baie begaafde, pragtige sewentienjarige dogter van ‘n enkelouer, Keisha. Sy is nie net akademies ‘n uitblinker nie, maar het ‘n passie vir ballet en is dus ‘n top danser in haar ouderdomsgroep.
Die twee mense in haar lewe waarom haar hele bestaan draai is haar moeder, Keisha, wat ‘n hoë pos in die bankwese beklee. Die ander is haar nanny, Hendrien, wie na haar omsien vandat sy vier jaar oud is nadat haar grootouers gelyktydig in ‘n motorongeluk gesterf het.
Dit is ook dié twee vroue wat haar albei liefhet, maar algeheel verskil oor haar passie, wat ballet is. Haar moeder is so gekant teen ballet dat sy nie eers daaroor in haar teenwoordigheid mag praat nie. Daarenteen is Hendrien die een wat al haar opvoerings bywoon en haar ondersteun.
Die ander taboe in haar moeder se lewe is enige geselskap oor mans. Rose-Anne ontmoet Constantia Hoërskool se eerstespan-rugbykaptein wat al vir baie jare in dieselfde register klas as sy is.
Nathan, ‘n seun met christelike waardes en vaste beginsels, kom uit ‘n standvastige huis en familie. Dit laat Rose-Anne meer en meer wonder oor haar eie vader. Sy waag nie haar moeder daarna vra nie …
Rose-Anne word gekies om die hoofrol in Swan Lake te dans as Odette en vinnig word die nuus die wêreld in gestuur.
Hoekom is ballet en mans al die jare taboe onderwerpe vir Keisha Botha? Wie is Rose-Anne se vader? Gaan hierdie begaafde meisie die kans kry om haar droom uit te leef?
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2026
Price range: R129.00 through R329.00Nuwe Era Groot Verseboek 2026 is meer as net ‘n versameling gedigte – dit is ‘n viering van die Afrikaanse woord en die mense wat hul harte in ink durf oopskryf.
Kom stap tussen die pilare van herinnering, ontdek die krag van eerlike woorde en laat elke vers nog lank in jou eggo.

Reviews
There are no reviews yet.