Voetspore van my siel weerspieël die verskillende fasette van my lewe. My liefde vir my Skepper en soms ook die wonder oor swaarkry en hartseer het ek op respekvolle wyse aangespreek.
Gedigte waarin die grootheid en wonder van die natuur na vore kom, vorm ook deel van die versameling.
Dié bundel bevat gedigte waarmee die leser sal kan identifiseer. Mag elke leser genot en verryking uit my bundel put.
In die vensters van jou siel wil ek net saggies kom rus in jou geurige liefdeskelk lê veilig in jou tere liefde omvou.
Somerreën-beloftes
R129.00Wanneer seisoene verskil, vind ‘n hart verfrissing en vreugde in beloftes en herinneringe wat soos somerreën neerdaal. In ‘n wêreld gevul met uitdaging en emosionele dieptes, verken die gedigte lewensreis, veerkragtigheid en hoop, al deurdring hulle hartseer en verlange met die skoonheid van eenvoud en deernis. Elke vers bring die leser nader aan die menslike siel, vol warmte, krag en stille oorwinning.

Reviews
There are no reviews yet.