Deur die knellende droogte, die jaloesie van ‘n bankbestuurder en haar seun, verloor Jack Brewis sy plaas Uitvlug. Moet hy letterlik vlug van sy erfgrond en vat koers na die onbekende. Hier help hy ‘n ouerige vrou met ‘n pap wiel en beland weer in ‘n sirkel van jaloesie, konflik en verloor hy sy hart. Hierdie keer laat sy onderlinge wantroue en trots hom weereens vlug. Maar sy skynbaar hippie-agtige, dog aantreklike voorkoms maak hom die teiken van ‘n paar vroue en raak hy verlief op ‘n mediese dokter. In ‘n oënskynlike motorbotsing verloor hy sy nuwe liefde, en onverwags erf hy onder andere ‘n plaas ook met die naam Uitvlug.
Weereens is hy betrokke in afguns en konflik en verloor hy die vriendskap van ‘n pragtige vrou. Eensaamheid dryf hom terug na van sy vorige verhoudings en verneem hy van sy oorhaastige optrede en die vraag is, gaan hy weer te laat wees. Sal hy uiteindelik besef dat sy droom werklik stukkend en tot niet is. Of sal hy weer die kans kry op ‘n nuwe droom en ware liefde.
Tyd van die Leeu (Groot Druk)
R319.00In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

Reviews
There are no reviews yet.