Herman en Ina poog met hierdie skrywe om nie net met ‘n keur van verhale ontspannings en leesgenot te verskaf nie, want elke verhaal word vergesel deur ‘n gedig. Man en vrou vul mekaar aan deur die ink uit hul penne saam te vloei.
Hul liefde vir skep met woorde vloei saam in verhale soos Die Kind Van die Boorman wat Ina vertel en Herman volg met ‘n gedig in volmaakte duet.
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.