‘n Reeksmoordenaar teister die stad. Een vir een word jong vroue vermoor, en by elke grusame toneel laat die moordenaar dieselfde boodskap agter – ‘n uitdaging aan Speursersant Wilburt Winterbach. Die kat-en-muis-speletjie raak al gevaarliker, en elke nuwe leidraad bring hom nader aan die waarheid of dalk nader aan sy eie ondergang. Terwyl Wilburt onverpoosd jaag om die moordenaar vas te trek, word die mense naaste aan hom deel van die spel. Veral Sonette – die vrou wat sy hart gesteel het. Wanneer die grens tussen plig en liefde vervaag, moet Wilburt besluit hoeveel hy bereid is om op te offer om die monster te stop. In ‘n wêreld waar niemand heeltemal onskuldig lyk nie en elke glimlag ‘n geheim kan verberg, word die jag op die moordenaar ‘n wedloop teen tyd. Want vir sommige mense is menselewens niks meer as trofeë nie…
Die man van Proxima (Grootdruk)
R229.00Toe die jong wetenskapstudent, Lourette Greyling, vreemde boodskappe uit die sterre ontvang, glo sy aanvanklik dat sy haar verbeelding die oorhand laat kry. Maar wanneer Maques, die geheimsinnige man van Proxima, voor haar verskyn, verander haar lewe onherroeplik. Hy neem haar op ‘n ongelooflike reis deur die kosmos – na wêrelde wat deur hul eie roekeloosheid vernietig is en beskawings wat die prys van hul onverskilligheid betaal het. Met elke openbaring besef Lourette dat die aarde se toekoms op die spel is. Maar hoe oortuig ‘n mens die wêreld van ‘n waarheid waarvoor daar geen bewyse bestaan nie? En sal die mensdom luister voordat dit te laat is? Die man van Proxima is ‘n aangrypende wetenskapfiksieroman vol verwondering, avontuur en ‘n tydlose boodskap oor die waarde van die enigste tuiste wat ons het.

Reviews
There are no reviews yet.