Toe Frans en Madelein na Londen vlieg vir hul dogter se troue, het hy nie geweet sy hele lewe gaan verander nie. Die ontmoeting met die beeldskone Anne bring gevoelens na vore wat hy lank begrawe het. Tussen herinneringe, familieband en pynlike afskeid, vind Frans homself in ’n onverwagte tweestryd van liefde en lojaliteit. ’n Hartroerende kortverhaal oor die broosheid van die lewe – en die krag van tweede kanse.
Die laaste vlug
Price range: R79.00 through R159.00Elri se wêreld het sewe maande gelede in vlamme opgegaan – saam met die Cessna wat haar man, Adriaan, en hul seun Luke se lewens geëis het. Nou bly sy en haar oorlewende tweelingseun, Jaco, agter in ‘n huis vol herinneringe en onuitgesproke pyn. Terwyl Jaco hom al hoe meer in homself onttrek, probeer Elri sin maak van haar eie verlies. Sy hou vas aan roetine, aan beheer, aan wat oor is. Totdat ‘n paar ontstellende groen oë haar pad kruis. Alex – haar ongeskikte, aantreklike buurman – dwing haar om weer te voel. Om weer te leef. Om dalk weer lief te hê. Maar hoe beweeg ‘n mens aan sonder skuld? Hoe maak jy jou hart oop as dit reeds gebreek is? En kan twee gebroke gesinne saam weer heel word?

Reviews
There are no reviews yet.