Mirna en Nalene Boeson is ’n tweeling in die heksgemeenskap diep in die bosse in die noorde van die land, maar hulle verskil soos dag en nag. Mirna is stil en verantwoordelik, maar Nalene is gedurig in die moeilikheid, veral toe sy met swartmagkuns begin eksperimenteer. Nadat Nalene vir Suhara, die hoofheks, in ’n klip verander, moet hulle vlug vir hulle lewens. Om te keer dat Nalene ooit weer haar towerkrag kan gebruik, word sy vasgevang in Mirna, en met Joanne, hulle ma se suster, se hulp word Mirna in Kaapstad gevestig waar ’n weldoener sorg dat sy haar lewe kan voortsit.
Tien jaar later leef Mirna steeds soos ’n gewone mens sonder om ooit haar toorkrag te gebruik, totdat die meisies wat saam met haar werk haar oorreed om die maandelikse geselligheid by haar meenthuis te hou. Nalene oorreed haar om deur ’n towerspreuk gereed te maak vir die aand. Wanneer haar bestuurder hom op haar kom afdwing, gebruik sy weereens haar towerkrag om hom ’n les te leer.
Toe die besigheid se eienaar, Juan Cloete, haar met ’n verskuilde agenda dwing om saam met hom te gaan as privaat assistent, is Mirna en Nalene doodsbenoud omdat dit so na aan die heksgemeenskap is waar hulle grootgeword het. Na ’n aardbewing ontsnap Nalene en Mirna verloor haar toorkrag, maar ook haar hart.
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

Reviews
There are no reviews yet.