KAMBRO is die produk van jare se luister.
Enige familie het stories en ons Afrikaners het oor die laaste klompie jare toegelaat dat ons stories verdwyn. Met elke geslag wat afsterf, raak ons stories minder. Die ryk skat raak kleiner en ek het gevoel ek wil my deel doen om dit op te teken.
Hierdie bundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmanvertonings. Dit word in ‘n ligte trant vertel en probeer nie om meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my poging bring ‘n glimlag in jou dag.
Boesman sal weer kom Mamma
Price range: R99.00 through R199.00Alfred Maasdorp, ‘n eens gerespekteerde onderwyser, ontsnap ná ‘n veroordeling vir ernstige misdrywe. Op die vlug word hy onverwags ‘n beskermheer vir ‘n beseerde dogtertjie, terwyl hy worstel met verraad, skuldgevoel en ‘n samelewing wat teen hom draai.

Reviews
There are no reviews yet.