Francois Stemmet

Francois Stemmet het sy eerste langtermyn-vervolgverhaal in 1978 op Springbokradio begin. Daarna het hy nog een geskryf, en saam het dié twee verhale meer as seshonderd episodes gehad. Ná die sluiting van Springbokradio het hy vir die Afrikaanse Diens van die SAUK, vandag bekend as RSG, begin skryf. Francois het verskeie vervolgverhale, radio-teaters en mini-reekse vir radio geskep wat wyd opgevoer is en groot byval gevind het.

Toe die openbare ruimte vir Afrikaanse inhoud begin krimp het, het Francois besluit om sy storie-erfenis in boekvorm te bewaar. Hy het begin werk aan 'n versameling van 42 kort stories soos wat hy dit van sy oupa en ouma gehoor het. Hierdie stories dra die gees van ouer generasies se verteltradisie en skep ‘n nostalgiese ervaring vir elke leser. Francois Stemmet se werk getuig van ‘n leeftyd se toewyding aan Afrikaanse storievertelling en kulturele bewaring.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Jakes van die Kinderhuis

Price range: R89.00 through R229.00

In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Oupa, dis Donker

Price range: R129.00 through R319.00

Giel Woest, ’n voormalige skoolhoof, word valslik van verkragting beskuldig deur sy kleindogter, Christelle, en vervreem van sy familie. Ná sy tronkstraf verdwyn hy na Port St Johns, waar hy ’n wese, Inge, uit die see red. Terwyl hy vir haar sorg, begin sy dogter Petro vermoed dat Christelle gelieg het en gaan soek na haar pa. Hierdie aangrypende verhaal handel oor skuld, vergifnis, gesinsvervreemding en die soeke na heling—én oor ’n kind wat dalk vir Giel ’n tweede kans op liefde bied.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die pad oor kleinbegin

Price range: R149.00 through R399.00

Dan is daar Elma Theron, die onderwyseres. Gaan dit Pierre wees, of dalk Dawie? En wat sê Yolande daarvan? En waar pas Leon Brits, die jong landboustudent en Yolande se eintlike vriend, in die prentjie? Maar baie belangrik; wie is Eleanor?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Katbos

Price range: R109.00 through R279.00

Mens is soms verbaas hoe baie humor in familiestorietjies opgesluit is en dis net weer ‘n beklemtoning van die Afrikaner se onblusbare sin vir humor. Lees en geniet…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Kambro

Price range: R99.00 through R249.00

Hierdie bundel is ook daarop gemik om aan studente en professionele kunstenaars materiaal te verskaf vir eenmanvertonings. Dit word in ‘n ligte trant vertel en probeer nie om meer te wees as net storietjies nie. Ek hoop my poging bring ‘n glimlag in jou dag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mis oor die see II

Price range: R109.00 through R279.00

Dit ontstel Marius Weideman, ‘n seun wat so te sê deur Teuns grootgemaak is hewig en die toneel is geskep vir die lelike Liefdesdriehoek. Maar dan verskyn Celia Brummer op die toneel.
Wie is sy en wat gaan haar invloed op die groepie mense wees?
Sal dit iemand se dood kos om vrede te bewerkstellig?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mis oor die see 1

Price range: R129.00 through R319.00

Die verhaal is opgevoer en uitgesaai in 1987-1988 deur RSG. In hierdie emosionele en realistiese verhaal kon u luister na die volgende spelers.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page