Nikkie (Grootdruk)
R249.00Nikkie… is ‘n meesleurende roman oor tweede kanse, onvoorwaardelike liefde en die moed om uiteindelik iemand met jou hart te vertrou.
|
Shop The Widest Range Of Books Online. Safe & Secure Online Shopping! |

Charmaine Cecilia Cloete, bekend as Mynie, is 'n gewaardeerde skrywer uit Namakwaland. Sy is op 8 November 1972 in Springbok gebore en het haar vormingsjare deurgebring in onder andere Steinkopf, Okiep, Aggeneys, sowel as Windhoek en Tsumeb. Haar lewenspad en ervarings in hierdie uiteenlopende gemeenskappe het haar unieke stem en perspektief as skrywer gevorm. Vandag woon sy permanent in Steinkopf, waar sy haar passie vir stories en die Afrikaanse taal met oorgawe uitleef.
Nikkie… is ‘n meesleurende roman oor tweede kanse, onvoorwaardelike liefde en die moed om uiteindelik iemand met jou hart te vertrou.
Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.
“Janet, kyk daar! Dis ‘n flenterhuis, uit die niet verskyn.”
Jasper Ras se nuuskierigheid ken geen perke toe hy sy tweeling suster Janet saam lok om na die flenterhuis te gaan kyk. So begin die raaisel van die vrou in die pad. Karel Jantjies, hul boesemvriend beland midde in ‘n geheime ontmoeting van sekere van Bashoek se inwoners. Jasper en Janet Ras word vasgevang in die portret in skerwe, maar Karel Jantjies en Roelien Karp werk hard om agter die waarheid van die flenterhuis te kom en hul skoolmaats te red.
Soos die nag nader sluip en met die storm dreigend in die nabyheid, probeer die kinders uitvind wat die betekenis van die windklokkies is, en die silhoeët in wit wat gedurig soos lokaas voor hulle tergend verskyn.
Roepstem, my onthulling van my hartsgeheime, my lewenspad. Ek is vrou, ek is dogter. Hierdie digbundel weerspieël verskeie fases van my lewe, soms aanmoedigend, soms laf met ‘n tikkie hartseer, maar altyd as vrou, dogter, peetma…noem my vrou; noem my vegter. As Digter nooi ek julle, my lesers om saam met my op reis te gaan… Roepstem … my reis