Price range: R59.00 through R179.00

Nikkie

Nikkie Hoffman, ’n lewenslustige jong vrou van Namakwaland, dra die pyn van haar ma se geheimsinnige dood saam. Vertroue is haar grootste struikelblok – iets wat niemand nog reggekry het om by haar te vestig nie. Sy deel ’n huis met die onweerstaanbare Marc Ramsey, wat vasbeslote is om haar hart en waarheid te ontdek. Maar terwyl liefde stadig ontkiem, loer gevaar. Nikkie worstel met emosies, terwyl Marc weet: sy is sy sielsgenoot. ’n Romantiese raaisel vol passie en pyn.

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-77646-164-6 127 2023-10-12 Afrikaans N/A ,

Meet The Author

Nikkie Hoffman is ’n wilde warrelwind meisiekind wat Namakwaland vir Kaapstad verruil. Elke handeling van haar kant is op die basis van vertroue. Niemand kry dit reg om daardie gevoel aanhoudend by haar te laat tuisbly nie. Eens op ’n tyd was haar lewe hemel op aarde; maar daardie wêreld het verbrokkel met die ontydige dood van haar moeder toe sy nog ’n kind was. Soos sy ouer word, het sy besef daar is ’n baie groot raaisel rondom haar moeder se dood.
Sy deel ’n huis met die gevaarlik aantreklike, skatryk en boonop sexy, Marc Ramsey. Enige normale warmbloedige vrou met oë in haar kop weet watse vangs hy is.
Nikkie probeer skanse om haar bou, maar Marc is ’n man op ’n missie om agter haar maskers die ware persoon te vind. Hy besef gou alles omtrent haar handelinge gaan oor vertroue en hy is bereid om haar ruimte en tyd gee; maar ’n gevaarlike man wil haar maskers aftrek om haar bloot te lê. Marc dring deur haar skerms en ontdek háár waarheid.Nikkie Hoffman; as vrou baklei sy teen haar gevoelens, terwyl Marc Ramsey weet Nikkie is sy hart se ander helfte.

Book Type

, ,

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Nikkie”