Mia is ʼn graad een juffrou op Skilpadkop en geniet elke oomblik saam met die kindertjies. Sy is getroud met Louw, haar lang, donker, blou-oog polisieman. Hy is haar eerste liefde, haar alles. Louw aanbid die grond waarop sy swartkoppie loop en sal alles doen om haar gelukkig te maak. In sy vrye tyd doen hy houtwerk sodat hy hulle droomhuis op Skulpiesbaai klaar kan bou en inrig vir hom en ‘sy Mia’.
Skilpadkop het baie interessante karakters- Bibi, Mia se beste vriendin, wat saam met haar skool gee. Bibi is ʼn vurige rooikop wat streef daarna om ʼn huwelik te kan hê soos Mia en Louw.Tannie Poppie en Oom Jors is Mia en Louw se bure en voel meer soos familie as vriende. ʼn Baie hegte en spesiale band het oor die jare tussen hulle gevorm.
Tannie Betsie maak seker dat daar geen rus en vrede op Skilpadkop is nie. Waar sy onmin kan saai, saai sy onmin.Dan kom die noodlot en wys hoe wreed en genadeloos dit kan wees…
Soms verander mense se harte in hout om seerkry te kan oorleef. Kan twee hout harte mekaar weer warm en kloppend skuur?
Droomstories uit die Towerbos
R299.00Welkom in Towerbos – ’n betowerende plek waar elke aand ’n nuwe droom begin. In hierdie warm en hartroerende versameling stories ontmoet jy dapper vlermuise, vriendelike engele, vrolike muise, slim seesterre en baie ander wonderlike karakters wat die nag vol magie maak. Elke storie neem jong lesers op ’n sagte avontuur vol vriendskap, moed en hoop. Soms leer ’n klein vuurvliegie hoe om ’n lig in die donker te wees. Soms ontdek ’n hasie dat ware wonders in nuwe vriendskappe lê. En soms wys ’n tandmuis of ’n klein bytjie dat selfs die kleinste helde ’n groot verskil kan maak. Droomstories uit Towerbos is perfek vir slaaptyd-stories wat hartjies rustig maak, verbeelding laat vlieg en kinders herinner dat hulle kosbaar, veilig en geliefd is. Maak jou ogies sag toe, luister na die fluistering van die bos … en laat die droomavonture begin.

Reviews
There are no reviews yet.