Martha Poller

Martha Maria Poller (nee Van Lill) is gebore op 16 Julie 1954 in Theunissen in die Vrystaat. Kort na haar geboorte verhuis haar ouers na die destydse Suidwes Afrika. Sy word in die Namib op ‘n plaas groot.
As gevolg van afstande, is sy haar hele skoolloopbaan deur in die koshuis met geen vermaak behalwe om te lees nie. Op ‘n baie jong ouderdom kry sy die Saartjie reeks as ‘n beskenk by haar ouers – die rede waarom sy ‘n gierige leser geword het. Hoe meer sy gelees het, hoe meer het sy besef dat sy ook eendag graag boeke sou wou skryf.
Na skool bekwaam sy haar as onderwyseres. Sy het vir die grootste deel van haar loopbaan Engels aan die hoërskool aangebied. Tussendeur het sy ‘n kranige blogger geraak.
Eers op 63 verskyn haar eerste boek, Hagar, waarvoor sy ‘n pluimpie by die ATKV ontvang het. Kort daarna publiseer sy Tuiskoms, ‘n bundel met haar bloginskrywings. Haar vyfde boek is tans beskikbaar.

Author's books

PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tuiskoms (Groot Druk)

R249.00

Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R209.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef. Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wasemwoorde

Price range: R79.00 through R159.00

Annelie se hande is altyd vol klei – haar hart lankal ook. Wanneer ’n verhouding in stilte verbrokkel, bly sy alleen agter met vrae, seer en ’n toekoms wat skielik onseker voel. Maar in die wasem teen ’n restaurantvenster verskyn woorde wat sy nie kan ignoreer nie: Eerlikheid smaak beter as wyn. Aan die ander kant van die glas staan Lukas – ’n sjef met ’n fyn aanvoeling vir kos, mense en dinge wat ongesê bly. Terwyl ’n eksklusiewe restaurant en ’n brose erfenis op die rand van verandering staan, kruis twee lewens paaie sonder dat hulle dit eers besef.

Wasemwoorde is ’n verhaal oor verlies en herstel, oor die moed om jouself weer te kies, en oor hoe die kleinste oomblikke soms die grootste waarhede fluister. Dis ’n warm, menslike storie waar kos, kuns en eerlikheid saamvloei tot iets nuuts.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mooiste meisie van Swakopmund (Groot Druk)

Price range: R79.00 through R289.00

Wanneer Lisa en haar suster, Bets, op vakansie by Swakopmund aankom, het sy geen idee dat haar lewe onherroeplik gaan verander nie. ’n Eenvoudige aand by die fliek bring haar oog in die van ’n vreemdeling vas – ’n man met die mooiste oë wat sy nog ooit gesien het. Sy belowe haarself sy sal hom nooit weer sien nie, maar die lot het ander planne.
Swakopmund se see, koue mis en helder sonlig word die agtergrond vir ’n verhaal van liefde, verlange en verlies. Lisa staan voor ’n nuwe begin: sy wil ’n blomwinkel koop en haar lewe hervorm, maar haar pad kruis telkens dié van Brand Fouché – ’n skilder met ’n geheimsinnige verlede en ’n hart wat diep wonde dra. Kan Lisa hom leer vertrou, of gaan sy ontdek dat party geheime te swaar is om saam te dra?
Die Mooiste Meisie van Swakopmund is ’n roman wat die fyn balans tussen hoop en hartseer, liefde en selfbehoud verken.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vêr Paaie – ‘n Jeugverhaal

Price range: R79.00 through R209.00

Toe sterf sy oupa en laat hy ‘n horlosie agter. Vir een of ander rede begin Johan dink dat hierdie horlosie glad nie so doodgewoon is nie, maar sy ouers neem hom nie ernstig nie – hulle spot selfs met hom daaroor!
Sal Johan ooit weer kan loop? Sal sy boesemvriend nie tóg die verlede agterlaat en weer vir hom kom kuier nie? En sal sy vriendin, vir wie hy so lief is, hom ooit raaksien? Dit is vrae wat hom pla, sal die horlosie dalk antwoorde bring.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ons kuier op Rus en Vrede

Price range: R99.00 through R299.00

Het jy al verlang na meer tyd saam met geliefdes? Op Rus en Vrede kom vriende en vreemdelinge bymekaar om stories te deel rondom ‘n vuur – van lag en trane tot rillings van vrees. Dis ’n tyd van herontdekking, verlies, nuwe liefde en die krag van menslike verbondenheid. Elke skrywer bring ’n unieke ervaring, en saam vorm hulle ’n mosaïek van herinneringe. ’n Week wat ’n leeftyd se betekenis inhou – net soos jy dit dalk ook nodig het.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Vreemdeling

Price range: R89.00 through R289.00

Hy sit wydsbeen op die man se borskas. Sy vingers boor in die ou man se strot. Hy wag al so lank vir hierdie kans … “Vrek, bliksem, vrek!”
Petrus skrik natgesweet en verward wakker. Hemel, hoeveel keer moet hy nóg sy pa vermoor? Hoeveel maal moet hy nóg die satisfaksie daarvan smaak voordat dit genoeg is? As die drome net wil ophou …!

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anderkant depressie is daar lig

Price range: R59.00 through R169.00

Ek is vry van die hel van depressie. God alleen kry die eer daarvoor. Ek kan geen tree gee as Hy my nie bewaar van die bose nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Mooiste meisie van Swakopmund

Price range: R69.00 through R199.00

Om lief te hê is niks. Om liefde te ontvang is iets. Maar om lief te hê en liefde te ontvang is alles.
Lees die aangrypende verhaal van Brand en Lisa. Sal die verlede altyd in die verlede bly of sal Brand en Lisa se liefde bly?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hagar

Price range: R109.00 through R299.00

Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Die kleur van my pen

Price range: R89.00 through R239.00

Iemand vra my anderdag waarom skryf ek? Vir wie skryf ek? Met ander woorde, is daar ‘n doel agter my skrywery?
Dis glad nie so ‘n eenvoudige vraag nie, hoor. Dit het my vir ‘n oomblik laat frons, want wat dan nou? Waarom sou iemand so iets vir my vra?
En toe weet ek!
Ek skryf omdat ek, binne ‘n week of twee, eintlik hopeloos verslaaf geraak het daaraan.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page