Het jy ook al begeer dat jy meer tyd met familie, dierbare vriende en soms sommer net ‘n goeie kennis, deur kan bring? Ek weet jy ken daardie moedelose gevoel wanneer jy besef (of is dit vrees?) dat jy daardie persoon dalk nooit weer gaan sien nie. Vir ‘n maand of twee bel jy gereeld en stuur die een boodskap na die ander … tot jy weer te besig raak en so effens vergeet. Toemaar, moenie sleg voel nie, dis maar hoe ons almal van tyd tot tyd oorkom.
Wel, toe kom die gedagte by my op: Waarom gaan span ons nie almal vir ‘n week of wat by Rus en Vrede uit nie? Daar ontmoet ons mekaar en beleef ‘n leeftyd se stories so rondom die vuur in die boma.
En wat ‘n fees was dit nie om elke skrywer te ontmoet nie – elkeen met sy/haar eie storie van dinge wat met hulle gebeur het, einste op Rus en Vrede! Soms lê ons soos ons lag, soms pink ons ‘n traan en ander kere kriewel die ruggraat so ‘n bietjie van vrees vir die onbekende. Ons beleef die dood van Johan, die eienaar, se vroutjie, maar dankie tog! Ons woon ook ‘n tweede huwelik by.
Tuiskoms (Groot Druk)
R249.00Tuiskoms neem die leser op ’n sagte, eerlike reis deur herinneringe, verlies, liefde en die eenvoudige oomblikke wat ’n mens se lewe vorm. In hierdie bundel van persoonlike sketse loop die skrywer terug deur die stofpaaie van haar jeug, die warmte van familie, die pyn van afskeid en die vreugde van klein oorwinnings. Sy ontbloot die hart se skaduwees en lig, en wys hoe elke dag se stories – van ’n oggendkoffie tot ’n berg vol stilte – ’n mens help verstaan wie jy is en waar jy hoort. Met ’n stem wat sag praat maar diep tref, nooi die skrywer jou om saam met haar te sit op ’n Namib-grasveld, om saam met haar te lag oor kindwees, en saam met haar te huil oor die dinge wat mens nie altyd kan sê nie. Dit is ’n bundel oor tuiskoms – nie net na ’n plek nie, maar na jouself.

Reviews
There are no reviews yet.