Soms moet ons as vroue onsself gaan soek in die lewenswoestyn. Die vrou wy haar lewe as onderdaan aan die man en tot waar is jy bereid om vir die liefde te veg? Selfs ’n leuen probeer leef om jou man te beskerm of beskerm jy daardeur jouself?
Met die lees van Hagar het ek besef geen sirkel is of word voltooi sonder die soeke na ons eie identiteit nie en met die slot in hierdie selfondersoekende boek van Hagar kan ek saam met Hagar getuig: “My waarde, my identiteit, is nie gesetel in al hierdie aardse dinge nie. My waarde lê in ‘My God wat sien’. Dit het Hom ‘n tweede keer in die woestyn gekos om my te oortuig dat ek nie kan of moet glo omdat Abraham glo nie, ek moet glo omdat ek Hom gesien het. En nou is ek tevrede met wie ek is. Ek het my doel gedien, want hier voor my sit al my lieflike kleinkinders saam met hulle ouers en almal van julle dien die grote Here saam met my.”
Hagar staan stadig op en stap weg na haar slaapplek toe. Sy is stil nou, want sy weet wie sy is. Die sirkel is voltooi.
So kan ek ook opstaan en tevrede voel, my sirkel is voltooi.
Hierdie is ’n boek wat elke vrou moet lees. Dit hoort op jou boekrak, nee, voor jou bed sodat jy ook jou sirkel kan voltooi.
Mooiste meisie van Swakopmund (Groot Druk)
Price range: R79.00 through R289.00Wanneer Lisa en haar suster, Bets, op vakansie by Swakopmund aankom, het sy geen idee dat haar lewe onherroeplik gaan verander nie. ’n Eenvoudige aand by die fliek bring haar oog in die van ’n vreemdeling vas – ’n man met die mooiste oë wat sy nog ooit gesien het. Sy belowe haarself sy sal hom nooit weer sien nie, maar die lot het ander planne.
Swakopmund se see, koue mis en helder sonlig word die agtergrond vir ’n verhaal van liefde, verlange en verlies. Lisa staan voor ’n nuwe begin: sy wil ’n blomwinkel koop en haar lewe hervorm, maar haar pad kruis telkens dié van Brand Fouché – ’n skilder met ’n geheimsinnige verlede en ’n hart wat diep wonde dra. Kan Lisa hom leer vertrou, of gaan sy ontdek dat party geheime te swaar is om saam te dra?
Die Mooiste Meisie van Swakopmund is ’n roman wat die fyn balans tussen hoop en hartseer, liefde en selfbehoud verken.

Reviews
There are no reviews yet.