Hy sit wydsbeen op die man se borskas. Sy vingers boor in die ou man se strot. Hy wag al so lank vir hierdie kans … “Vrek, bliksem, vrek!”
Petrus skrik natgesweet en verward wakker. Hemel, hoeveel keer moet hy nóg sy pa vermoor? Hoeveel maal moet hy nóg die satisfaksie daarvan smaak voordat dit genoeg is? As die drome net wil ophou …!
Petrus en Ina Lambert voer ‘n redelik gelukkige huwelik, totdat hy hoor van sy ma se dood. Hy word gedwing om terug te gaan na die dorp wat hy met ‘n passie gehaat het. Opeens lê sy lewe weer rou en seer voor hom …
Ina het haar eie worstelstryd wanneer Petrus vertrek: Sal hy ooit weer huis toe kom? Wat as hy weer … Sê nou maar hy doen dit weer? Nee, asseblief tog, Here, net nie dit nie! Help asseblief my Petrus dat hy kop sal hou en huis toe kom as alles klaar is.
Petrus word gedwing om die pad terug te loop tot by die aand wat sy pa gearresteer en in die tronk gegooi is. Dit is die aand toe alles onherroeplik verander het en niks ooit weer dieselfde was nie. Die vredeliewende, vrolike seun raak ‘n verbitterde en opstandige tiener. Hy word groot met die groot vraag in hom: wie is ek regtig?
Wie presies is Christoff Bruinders? Christoff, wat hy, Petrus, nooit kon verdra nie, maar een van die min mense was wat hom getrou in die tronk besoek het.
Waarom het Djoster, sy boesemvriend, hom so in die steek gelaat die aand daar in die donker stegie? Djoster was die een mens aan wie hy sy lewe sou toevertrou en toe is dit juis hý wat soos mis voor die son verdwyn …
Sal Petrus ooit tot rus kom, en vrede?
Mooiste meisie van Swakopmund (Groot Druk)
Price range: R79.00 through R289.00Wanneer Lisa en haar suster, Bets, op vakansie by Swakopmund aankom, het sy geen idee dat haar lewe onherroeplik gaan verander nie. ’n Eenvoudige aand by die fliek bring haar oog in die van ’n vreemdeling vas – ’n man met die mooiste oë wat sy nog ooit gesien het. Sy belowe haarself sy sal hom nooit weer sien nie, maar die lot het ander planne.
Swakopmund se see, koue mis en helder sonlig word die agtergrond vir ’n verhaal van liefde, verlange en verlies. Lisa staan voor ’n nuwe begin: sy wil ’n blomwinkel koop en haar lewe hervorm, maar haar pad kruis telkens dié van Brand Fouché – ’n skilder met ’n geheimsinnige verlede en ’n hart wat diep wonde dra. Kan Lisa hom leer vertrou, of gaan sy ontdek dat party geheime te swaar is om saam te dra?
Die Mooiste Meisie van Swakopmund is ’n roman wat die fyn balans tussen hoop en hartseer, liefde en selfbehoud verken.

Reviews
There are no reviews yet.