In die boek Absolute Geregtigheid word lesers onmiddellik ingetrek met ‘n skokkende en geheimsinnige ontvoering wat ondersoek word deur Hugo Storm, ’n privaatspeurder.
Namate die verhaal ontvou, word die leser se belangstelling verder geprikkel deur die ingewikkelde ondersoek na die vermiste suster van ‘n karakter, mensehandel, dwelmsmokkelary, sowel as die verdagte finansiële transaksies by H&H Finansiële Dienste en moord is nie uitgesluit nie. Hugo se vasberadenheid om die waarheid te onthul en die konfrontasies wat hy in die gesig staar, hou die leser betrokke en op die punt van hul stoel.
Die spanning bereik ‘n hoogtepunt wanneer Hugo Storm naby is om die waarheid agter die vervalste dokumente, onopgeloste moorde en die ontvoering te ontdek.
Shilo, Koningin van Harte
Price range: R109.00 through R289.00Shilo, Koningin van Harte is ’n verhaal van hoop, misterie, en die magiese toevallighede wat ons lewens rig. Laat hierdie roman jou wegvoer na ’n wêreld waar die seebries die verlede fluister, en nuwe beginne wag om ontdek te word.

Reviews
There are no reviews yet.