Talita Groenewald se lewensmaat word behoorlik onder haar voete uitgeruk toe haar verloofde haar soos ’n warm patat los om met sy werkgewer se dogter te trou. Haar vriendin dwing haar om een aand saam met die klompie vroue wat saam met hulle werk, uit te gaan.
’n Raps te veel drank en ’n aantreklike vreemdeling maak dat Talita vir een enkele nag alles oorboord gooi om te vergeet van die seerkry, maar daarna verdwyn sy eenvoudig uit die vreemdeling se lewe.
Daardie nag het egter vêrreikende gevolge en Talita besef dat sy uit daardie vreemdeling se pad moet bly. Al wat sy van hom weet is dat hy skatryk is en dat hy klein Bertus van haar af sal kan wegneem. Talita is nie bereid om die kans te waag nie. Niemand gaan Bertus ooit van haar af wegneem nie.
Die vraag is of Jacques Streicher handjies gevou gaan sit toe hy besef dat hy ’n kind het.
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

marsdrey –
Wilmari vang dadelik haar leser se aandag van die begin af met die teleurstelling in haar hoofkarakter, Talita Groenewald se lewe. ʼn Teleurstelling wat so baie vroue hul mee kan vereenselwig – dat geld en sukses voor liefde en getrouheid gestel word.
Die leser word verder ingetrek en kan nie anders as om simpatiek na Talita te kyk as sy haarself vir een aan oorgee aan alkohol om net haar seer te vergeet. Weereens het dit verrykende gevolge vir haar, wat haar net nog meer desperaat laat optree wanneer sy uitvind dat hierdie nag se oorgawe haar swanger gelaat het. Swanger, werkloos en desperaat word sy gedwing om haar op haar ouers se goedheid te beroep, wetende dat hul aansien vir hul baie belangrik is.
Die feit dat sy die vaderskap van haar ongebore baba geheim hou uit vrees plaas nog meer druk op haar. Die nagevolge wanneer haar ouers uitvind dat haar seun die resultate van een wilde nag was is katastrofies vir haar. Meteens het sy nie meer ʼn blyplek of ouers wat haar ondersteun nie.
Gelukkig het sy nog haar vriendin, Renske, wat haar oor haar ontferm. Die uitdagings in haar lewe hou egter nie op nie. Die feit dat sy ontdek het haar seun se pa is ʼn baie welgestelde man en by magte om hom van haar weg te neem as hy sou uitvind van sy bestaan hang soos ʼn swaard oor haar kop.
Nie lank nadat sy en Renske geholpe geraak het met blyplek en werk nie val hierdie swaard dan ook en is Talita weer op vlug. So vind met ʼn skok uit dat sy haar steeds nie na haar oues kan wend vir hulp nie. En moet alleen verder vlug met haar baba, nadat sy die pa van haar seuntjie op ʼn funksie waar sy die koördineerder was raakloop. Sy kan nie die kans waag om weer met Jacques Streicher paaie te kruis nie. Sy het reeds haar hart verloor, sy kan nie nog haar seun ook verloor nie.
Hoe Wilmari al hierdie los punte by mekaar bring sal jy liewe leser maar self moet uitvind. Sy kry dit reg om jou op die punt van jou stoel te hou vir solank as wat jy lees. Jy bly afwagtend vir wanneer die volgende bom gaan bars. Jou hart gaan uit na hierdie jongvrou want sy beskryf Talita se lewe met soveel gevoel en deernis. Sy prikkel soveel emosies deur die wedervaringe van hierdie jongvrou dat jy net nooit verveeld raak nie.
Welgedaan Wilmari, van die voorblad tot die einde is dit ʼn puik stuk werk.
Marsofine Krynauw