Hot

Price range: R39.00 through R109.00

Abishag – Charne Harding

(1 customer review)

Abishag se verhaal vertel van ’n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermoë ’n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak ’n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?

Afrikaans
Clear
EPUB PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-77632-659-4 104 2021-08-18 Afrikaans N/A

Meet The Author

"Baie dankie dat julle my die geleentheid bied om in die tyd waarin ons leef ontvlugting en ontspanning te bied met my skrywe. Dankie dat ek julle as my lees familie kan hê."

Abishag se wêreld van eenvoud as wingerdoppasser en haar liefde vir Gideon, word in ’n oogwink verpletter toe haar ma en broers haar op die ouderdom van sestien jaar, as byvrou verkoop aan ’n wrede Romeinse man, Saulus.

Na ’n nag van wrede ontnugtering saam met Saulus, probeer Abishag wegkom. Isbel – wat alles namens Saulus met ’n ysterhand beheer – keer haar. Sy neem haar terug, maar Abishag betaal duur vir die fout toe Isbel haar met ’n sambok slaan.

In die tyd waar sy liggaamlik misbruik word en dinge moet doen wat met haar geloof bots, maak sy een goeie vriendin; Tamar, haar diensmeisie. Mense in Saulus se mag, begin Abishag al hoe meer vertrou en sy moet hoor dat Isbel nie so ’n groot bondgenoot van Saulus is as wat dit blyk nie. Toe Saulus byna toelaat dat Isbel vir Tamar doodmaak, besef Abishag dat dinge sal moet verander. Sy word ’n sterk persoon, sodat selfs Saulus van haar afhanklik word toe hy dodelik siek word.

Abishag se verhaal vertel van ’n jong meisie wat deur geloof en deursettingsvermoë ’n groot invloed op baie mense se lewens het. Haar eie innerlike stryd veroorsaak ’n groot wroeging; sal sy ooit haar ma en broers kan vergewe omdat hulle haar lewe gesteel het vir eie gewin?

Language

Book Type

, ,

Age Group

1 review for Abishag – Charne Harding

  1. PPC Experts

    Baie goeie lees. Sal verseker aanbeveel!

Add a review