Die eerste gewaarwording waarvan die meisie bewus raak toe sy haar bewussyn herwin waar sy in ’n kar onder die water vasgekeer is, is die van gevaar; dat sy moet wegkom.
Stian Retief kry haar langs die pad en besef dat die meisie aan geheueverlies ly. Sy vriend, kaptein Johan Ebersohn, stel vas dat sy Jolandi Hansen is; ’n geskeide vrou met ’n interdik teen haar en ’n baie slegte reputasie. Tog weerspreek alles aan Jolandi se karakter, hierdie beeld.
Johan vermoed van die begin af dat daar meer agter Jolandi se ongeluk sit as wat op die oog af lyk. Hoe vêrder hy delf, hoe meer vrae duik op. Logiese leidrade druis teen alle instinkte in.
Stian is reg van die begin af verlief op die weerlose meisie wat hy onder sy vlerk neem. Hy is egter nie die enigste wat lief raak vir die rooikop, groenoogmeisie nie, maar Johan sal niks doen om die jarelange vriendskap met Stian te verongeluk nie. Hy neem hom egter voor om alles in sy vermoë te doen om Jolandi te beskerm, al is dit ook teen Stian, want mettertyd besef Johan dat jaloesie sy eens beste vriend in ’n vreemde wese verander.
Toe Johan en Wiehahn Lemmer, Stian se swaer, Jolandi se verlede ontrafel besef hulle dat haar lewe in baie groot gevaar is, maar dis juis ook die tyd toe Stian finaal knak. Kan Johan die vrou wat hy met sy hele hart liefhet beskerm en haar dan weer aan Stian afgee?
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

Reviews
There are no reviews yet.