Rita Botha vlug uit ’n verlede vol oordeel, stilte en seer, op soek na ’n nuwe begin. In ’n onbekende dorp, by ’n eenvoudige skool en in ’n klein tuinwoonstel, begin sy stadig weer asemhaal. Hier ontmoet sy mense wat haar nie ken vir wat ander oor haar gesê het nie, maar vir wie sy ís: ant Hartjie met haar oop hart, Pieter met sy stil krag, en vreemdelinge wat onverwags lig bring. Terwyl Rita haarself stukkie vir stukkie herontdek, moet sy ook die spoke van haar verlede in die oë kyk – ’n huwelik wat haar gebreek het, ’n dogter wat haar verwerp, en ’n geloof wat as wapen gebruik is. Die lag in jou oë is ’n aangrypende verhaal van verlies en genesing, van tweede kanse en die moed om weer te leef. Soms begin vryheid met iets eenvoudig: om net weer te lag.
Sing vir my ‘n droom
Price range: R99.00 through R199.00Amanda Visser is tevrede met haar stil lewe van studies en haar geheime skrywersdroom. Liefde is nie op haar agenda nie – tot sy Ben Calitz, die talentvolle jong sanger, een aand in ’n klub sien. Wat begin as ’n toevallige ontmoeting, word vinnig ’n intense verbintenis wat albei se wêrelde op sy kop draai.
Tussen studiesdruk, ’n kritiese ma, en die uitdagings van ’n lewe in die kollig, moet Amanda en Ben besluit: kan hulle liefde die storms van die lewe trotseer, of bly dit net ’n mooi droom?

Reviews
There are no reviews yet.