Tyd van die Leeu (Groot Druk)

R319.00

In Tyd van die Leeu, deur Sybie Kleynhans, volg ons die lewe van Gerhard Brandt, ’n stoere Vrystaatse boer met ’n
donker verlede en ’n hart vol geheime. Wanneer sy geliefde, Chiara, ‘n Italiaanse magnaat met groot ambisie, besluit om
hulle romantiese idille vir ‘n wêreld van luuksheid en besigheid op te gee, word Gerhard gedwing om sy prioriteite te
hersien. Terwyl spanning tussen hulle toeneem, word hulle lewens ingewikkeld deur die dreiging van kriminele invloede
en politieke spanning binne ’n geheimsinnige beweging…

Skadu van misleiding (Groot Druk)

R259.00

Wanneer Fred Swanepoel se vrou, Nadia, op ’n doodgewone oggend ontvoer word, word sy rustige lewe in Groenvlei in duie
gestort. Die polisie se spore loop dood, maar Fred se vasberadenheid groei—hy sal haar terugkry, al beteken dit hy moet
self die monsters in die skadu’s in die oë kyk. Intussen ontdek Nadia dat haar ontvoerder iemand uit haar verlede is—’n
man met ’n siek, obsessiewe liefde wat jare lank in die donker op haar gewag het. Terwyl sy veg vir haar lewe, ontrafel
’n bose netwerk van mensehandel, korrupsie en wraak…

Die Maan Huil Bloed (Groot Druk)

R299.00

Toe Trudie van den Broek onverwags hoor dat sy die dogter is van ’n onbekende Portugese vader, verander haar lewe
onherroeplik. Sy erf nie net ’n groot plaas aan die voet van die Soutpansberge nie, maar ook ’n duister geheim wat soos
’n gif deur geslagte vloei. Kort ná haar vriendin se geheimsinnige dood ontvang sy ’n bloedbevlekte waarskuwing: “Vat
jou goed en trap.” Wat begin as ’n reis om haar erfenis te ontdek, ontaard in ’n nagmerrie van moord, bedrog en wraak.
Iets of iemand waak oor Mount Nest — en die maan huil bloed oor almal wat daar kom.

Adder Kasteel (Groot Druk)

R369.00

“Slange! Hoekom moes dit juis slange wees? Asof dit nie erg genoeg is om in die visier van ’n reeksmoordenaar te wees
nie …” ʼn Rustelose siel dwaal steeds in die ou kasteel, waar Altus du Preez, ‘n skrywer op soek na inspirasie, ‘n
stil gastehuis kies om te ontsnap van die alledaagse. Maar die geheime van die ou Maritz-familie weef donker skaduwees
oor sy verblyf. Onheilspellende figure, spoke wat verborge juwele soek, en ‘n verhaal van begrawe skatte ontvou voor sy
oë. Met elke dag wat verbygaan, groei Altus se obsessie om die waarheid te ontbloot, terwyl hy toenemend vasgevang raak
in die dodelike lokvalle van die kasteel se grusame verlede…

Hartbeeshuisie op ‘n plaas in Afrika (Groot Druk)

R349.00

Afrika, wild en ongetem, ’n volk se soeke na vrede in ’n land duur gekoop met bloed en swaarkry. Vanaf die eerste
sweepslag van die Groot Trek, die vrees onder net ’n tentseiltjie in die donker nag met die geluide van dawerende
voetvalle van die Zoeloe-impis. Klein mensies, nog nie eers gelewe nie, aan die voete gevat en met een swaai teen die
wawiel geslaan. Met dowwe geluid van skedels wat bars…

As peperbome kon fluister (Groot Druk)

R349.00

In ’n tyd waar oorlog die land verskeur en vroue en kinders dikwels die hoogste prys betaal, bly geloof, liefde en
dapperheid die enigste ankers. Christie, dogter van ’n Boer op kommando, sien haar wêreld verbrokkel toe Britse soldate
hul plaas betree – en iets in haar vir altyd verander. ’n Enkeling tussen die vyand, ’n jong Ierse soldaat met deernis
in sy oë, waag dit om op te staan teen die bevel om die plaas en alles daarop, te verwoes. In ’n oomblik van genade
word ’n plaas gespaar – maar teen watter prys? …

Bloedspook (Groot Druk)

R379.00

 

Bloedspook is ‘n boeiende mengsel van Afrikaanse speurverhaal, mitologie en plaaslewe, wat diep in die Suid-Afrikaanse
kultuur en landskap geanker is. Die boek gebruik ‘n veelvlakkige narratief om ‘n spanningsvolle atmosfeer te skep, en
kombineer realistiese plaasomstandighede met ‘n sinistere bonatuurlike element. Bloedspook lewer ‘n skerp, aangrypende
storie wat dieper kwessies soos trauma, gemeenskapsdinamika en die grens tussen rede en bygeloof ondersoek en dit is
teen hierdie agtergrond, waar geweld, geheim, geloof, feit en mite mekaar die stryd aansê. Reinhard Malan bevind
homself in die middelpunt van die chaos en probeer om sin van sy eie lewe te maak. Maar dit is in hierdie
lewensgevaarlike omstandighede…

Maalstorm (Groot druk)

R379.00

Intimidasie en konfrontasie. Moord en rugstekery. Polities en persoonlik. Godsdiens en globalisering. Internasionale
verrykenheid. Vyande en vriende. Natuurrampe en geheime organisasies. Die land in opstand. In ‘n wêreld van chaos en
politieke onrus, moet Kolonel Fred Sandveldt sy weg vind deur gevaarlike waters om sy geliefdes te beskerm en sy land
te red. Sy pad kruis dié van dapper burgers en verraaiers, terwyl hulle almal vasgevang is in ‘n maalstorm van geweld
en hoop. Hierdie onvergeetlike storie sal jou vasgenael hou, terwyl jy saam met die karakters veg vir oorlewing en
geregtigheid.

Dagbreek (Groot Druk)

R189.00

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy
verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en
oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n
vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as
feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis…

Die kneg van Verbeeck Boerdery (Groot Druk)

R319.00

Tersia Vermeulen het ‘n droom: om ‘n volbloed-perdeboer te wees. As gekwalifiseerde veearts weier sy om agter ‘n
lessenaar vasgevang te word — sy vermom haarself as ‘n man en neem ‘n pos aan op die mees gesogte stoetery in die land.
Maar Kobus Verbeeck, die hardekwas eienaar, het geen liefde vir vroue op sy plaas nie, en glo nie dat hulle hul plek
tussen perde in die werf ken nie. Tog is Tersia vasberade om hom anders te wys. Te midde van stugte bevele, vurige
perde en verdagte oë, begin ‘n stille respek tussen die twee vorm. Sal Tersia se geheime haar ondergang wees, of sal
haar kennis en passie haar red?

ʼn Nuwe Begin (Groot Druk)

R329.00

Sanja Sandrucci, ‘n wêreldbekende modeontwerper, verlaat haar glansryke loopbaan en beland onverwags in die
meubelbedryf. Sy koop haar nuwe sakevennoot, Ronnie, se aandele sonder om te weet dat sy medevennoot, Louw, niks van
die transaksie af weet nie. Die spanning tussen Sanja en Louw is onmiddellik tasbaar, vererger deur Louw se skeptisisme
oor haar vermoë om ‘n bydrae tot die besigheid te lewer…

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Wie ‘n skat Vind (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R329.00

Wanneer Beverley Kemp en haar broer Chrisjan in hul oorlede ouers se staptoerusting op ’n geheimsinnige skatkaart
afkom, is Beverley oortuig dat dit die sleutel tot ’n verlore skat in die Sederberge is. Terwyl Chrisjan die soektog
opgee om sy huwelik te red, dring Beverley vasberade voort en volg die leidrade van ’n raaiselagtige gedig. Maar wat
begin as ’n avontuurlike skattejag, verander vinnig in ’n nagmerrie wanneer sy op ’n skat afkom wat blykbaar aan iemand
anders behoort—’n gevaarlike man genaamd Alexander. Ontvoer en gedwing om die skuilplekke van die skat bloot te lê,
moet Beverley al haar vernuf gebruik om te oorleef. Met haar broer se lewe op die spel en die skaduwee van ’n
internasionale misdaadsindikaat wat oor haar hang, raak haar soeke na antwoorde ’n stryd om oorlewing. Kan sy ’n uitweg
vind voordat dit te laat is?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anderkant die Einde (Groot Druk)

Price range: R59.00 through R179.00

Na haar pynlike egskeiding en die dood van haar seun, begin Maryna Joubert ’n nuwe lewe in Pretoria. Daar ontmoet sy Chris Greyling, ’n leerder wat haar aan haar oorlede kind herinner, en sy bied hom ekstra wiskundelesse aan. Sy bots gou met Wikus, Chris se pa, maar leer hom stadig ken en haar hart vind weer hoop. Tog hou Wikus steeds vas aan sy oorlede vrou, en Maryna moet eers met haar eie verlede vrede maak voordat sy kan glo dat daar ’n nuwe begin anderkant die einde wag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verlos deur genade (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R189.00

Wanneer Johan Du Pisanie een oggend op die strand ’n
verwoeste, bebloede vrou ontdek, besef hy nie dat sy lewe
onherroeplik gaan verander nie. Karin, ’n vrou met ’n pynlike
verlede en geheime wat sy nie sommer deel nie, word
onverwags deel van sy huis en sy dogtertjie Katy se wêreld. Vir
Johan bied sy hoop op nuwe liefde; vir Karin ’n kans op
genesing, vergifnis en ’n toekoms sonder skuld. Maar haar
verlede weier om haar los te laat – en gevaar lê steeds op die
loer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pretty boy en sy ooitjie (Groot Druk)

Price range: R89.00 through R299.00

Wanneer Ruben instem om vir ’n paar maande sy vriend se suster, Marietjie, met die plaas te help, dink hy dit gaan ’n
eenvoudige guns wees. Wat hy egter nie verwag nie, is die vurige boervrou met heuningblonde hare, ’n skerp tong en ’n
hart wat diep letsels dra.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Meesterlike Dubbelspel (Groot Druk)

Price range: R119.00 through R279.00

Die sewentienjarige Charlotte is baie geïnteresseerd in medies, veral die anatomie van die mens. Sy het ’n passie om mense te genees, maar daar is soveel wat teen haar tel. Vir vroue in die laat 1800’s is ’n beroep in die manswêreld taboe, haar droom om medies te studeer sal altyd net ’n droom bly. In Charlotte se eie woorde: “’n Droom bly net ’n droom as jy niks daaraan doen nie. Maar ’n vrou met ’n droom maak ’n droom realiteit as sy ander vroue agter haar het met dieselfde droom. As jy regtig wil, sal jy! Al moet jy die broek van jou vyand aantrek en sy geur aan jou smeer. Jy moet soos hy word en sy agenda verander om vir jou te werk.”

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 3