Elkeen van ons het ons afgesonderde hartskamers. Dis die emosies wat ons koester wanneer niemand teenwoordig is nie, wanneer dit jy en jou gedagtes is wat alleen gelaat word in die middernagtelike ure, Jou hartskamers is die donker hoeke van jou hartswese, die geheime en sentiment wat jy saam met jou dra soos die son vervang word deur die maan.
Gevonnis tot Vrede
R129.00Sy kan haarself hoor dink al raas die stilte vir niks en niemand verruil sy haar menswees… haar vrede… in haar wildste drome sou sy nooit kon dink dat sy eendag hierdie leefstyl sou beklink.
Die wind bring stemme van ver en sy geniet die geselskap, al verstaan sy nie die taal, lojaal sal sy bly teenoor die vlaktes, dit was nog goed vir haar.
