Elkeen van ons het ons afgesonderde hartskamers. Dis die emosies wat ons koester wanneer niemand teenwoordig is nie, wanneer dit jy en jou gedagtes is wat alleen gelaat word in die middernagtelike ure, Jou hartskamers is die donker hoeke van jou hartswese, die geheime en sentiment wat jy saam met jou dra soos die son vervang word deur die maan.
Die Nuwe Era Groot Verseboek 2022
Price range: R99.00 through R369.00Wordsworth noem die digkuns “die spontane oorloop van kragtige gevoelens” en ek moet saamstem, want in 2020 is die eerste Nuwe Era Groot Verseboek vrygestel en digters se woorde is verewig op papier.
Dit is 2022 en ek glo nog steeds dat hierdie verseboek die brug vorm tussen die Groot Meesters en vandag se digters wat ‘n ander vorm van poësie aan ons bring.In hierdie bundel is daar 61 digters se verse opgeneem wat ‘n groot mylpaal in die digterswêreld is en ons besef opnuut dat die digkuns die beitel van ons taal is.
Mag die digkuns altyd voortleef deur ons en in ons.
