Price range: R99.00 through R309.00

Stap saam deur 2021 – Bundel 1

Stap Saam Deur 2021 neem lesers op ’n emosionele reis deur ’n jaar vol verlies, pyn en hoop. In die nadraai van ’n moeilike 2020 het mense gehoop op beter tye, maar 2021 het steeds hartseer gebring. Tog het digters hul stem gebruik om hoop te bring waar daar wanhoop was. Hierdie bundel vier nie net die seisoene van die jaar nie, maar ook die seisoene van die hart – van rou na herstel, van afstand na verbondenheid, en van stilte na weerklinkende digkuns.

PAPERBACK PDF
Clear
All Ages
Clear
978-1-77632-748-5 288 2022-04-21 Afrikaans N/A

Meet The Author

Te midde van die feit dat die meeste mense se Desember vakansie belemmer is deur strande wat gesluit was as gevolg van Covid-regulasies, het almal 2021 vol vreugde ingewag. Soos wat dit oor die jare gewoonte geraak het by ons almal, het ons gedink: dit kan net beter gaan in 2021, want slegter kan dit nie gaan nie! Tog het 2021 die jaar geword waarin baie mense ʼn geliefde of vriende of selfs kennisse aan die dood afgestaan het as gevolg van Covid. Die wêreld was moedeloos en ons digters is nie daarby uitgesluit nie. Maar steeds is hulle die mense wat ander aanmoedig, hoop gee en opgelig het met hul verse. Daar waar almal hopeloos was, het ‘n digter se woorde hoop gegee. Hierdie jaar het ons weer kom leer wat dit is om familie en vriende te waardeer, hoeveel samesyn vir ons werd is. Ons meer verdraagsaamheid teenoor mekaar kom leer. Soos die jaar in seisoene opgedeel is, is ons lewens ook. Die winter het verby gegaan en met die lente het ook die lente van weer vrylik beweeg, weer vriende en familie besoek en weer meer normaal lewe gekom. Ons digters se woorde het ook hul lente bereik, en prag-verse is geskryf en het geblom soos Namakwaland. Kom stap saam deur 2021 – nie net om die seer, verlies en teleurstellings te beleef nie, maar die nuwe lente met nuwe liefde, hoop, geluk en kleur.
Onthou altyd jou woorde is iemand anders se hoop. Jou woorde laat mense weer glo en vertrou. Jou woorde is iemand se aanmoediging.
Mag Stap Saam Deur 2021 almal wat dit lees op ‘n reis van dankbaarheid en hoop neem en ons woorde geseënd wees.

Book Type

,

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Stap saam deur 2021 – Bundel 1”