Lente Roux is ’n Karoo-kind, pas klaar met matriek en haar enigste droom is om met Johannes te trou. Selma, haar ma, het egter ander planne vir Lente. Nadat haar ouma vir Lente vertel hoekom haar ma haar van die plaas af wil dwing, pak sy haar verslete tassie met haar tuisgemaakte rokkies, sodat Selma haar in Kaapstad kan gaan aflaai.
Justin Devereux, Lente se werkgewer, het net een mikpunt; om Lente te besit. Christo, sy wynboer-broer, kom tot Lente se redding toe dinge skeefloop. Hy neem haar na sy plaas toe, gedetermineerd om Lente te beskerm; ook teen homself. Lente is, volgens hom, bloot net ’n kind en hy weier om toe te gee aan sy gevoel vir haar. Sy maak dit egter nie maklik vir hom nie, want onder daardie onskuldige kind-beeld, is ’n warmbloedige en uiters begeerlike vrou, wat alle inhibisies oorboord gooi wanneer sy in sy kosbare Devereux-wyne invaar.
Kan Lente ooit vir Christo oortuig dat die ouderdomsgaping tussen hulle nie saak maak nie, of gaan Lente moet teruggaan Karoo toe en van Christo vergeet? ’n Koerantfoto onthul geheime wat die deurslag gee in die besluit wat Lente moet neem; een wat haar lewe totaal sal ontwrig.
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.