Sybie Kleynhans, geliefde skrywer van Potchefstroom se vierde boek in die reeks van Madefu gee soveel lewenswysheid wanneer jy dieper lees. Die liefde vir die veld en diere kom in sy hele reeks voor. Die boek bied groot leesvermaak aan die leser.
…Wat ek weet van liefde is die lag is nou en in ‘n oogknipsel volg die traan, dan volg die eensame verwyt en verwurgende stilte. Ek het ander redes, maar sal dit eerder nie nou noem nie, anders stenig die lesers my met ’n toegeritste beursie. Die meeste doen dit in elk geval. Maar daar is een ding wat ek weet … liefde is een van die magtigste emosies wat daar is. Dit ken en eerbiedig geen grens nie.
So sit ek daar en dink aan die liefde en sy dinge toe ’n stem my tot werklikheid terug roep. “Oom Madefu, slaap jy wraggies oop oë en dit na vyf in die middag?” …
…Die sexy Sarina Sekretarisvoël begelei my na die tefbaal reg langs ou Bontrok en Rex Rooijakkals. Daar word heftig gepoothand en die lotte is duidelik bly om my hier te sien. ’n Paar reierdametjies met waterskoene, geel pruike en tangas loop met wieldoppe wat om die nek hang rond. Ek skiep dit, want ek het nie lus vir sonneblompitte, slakke, droë kakkerlakke en molasses nie. Ek suig maar saggies en teer aan my liefdes-nektartjie..
As die pad vurk
Price range: R109.00 through R229.00Twee seuns sit langs die Vaalrivier en maak ’n bloedeed: wat ook al die lewe bring, hulle sal altyd mekaar se broers bly. Maar die lewe het ander planne. Wanneer Donald Mackay skielik sy ouers in ’n tragiese ongeluk verloor, stort sy wêreld in duie. Die familieplaas verdwyn, sy toekoms word onseker en die mense wat hy vertrou, draai teen hom. In die skadu van verlies en verraad ontdek hy egter ook iets onverwags — ’n intense liefde wat grense, ouderdom en gevaar trotseer. Terwyl geheime ontvou en geweld al nader kruip, besef Donald dat elke keuse ’n prys het. In ’n land waar die wêreld vinnig verander, staan hy voor ’n vurk in die pad: vlug van sy verlede… of veg vir alles wat van hom gesteel is. Soms verander een besluit ’n hele lewe. En soms begin die ware stryd eers wanneer die pad vurk.

Reviews
There are no reviews yet.