Kan liefde ’n tweede kans kry wanneer die seer van die verlede nog vars is?’ Karen het lankal geleer om op haar eie te staan. Sy het haar lewe rondom haar klein seuntjie gebou en probeer om die foute van haar verlede agter haar te laat. Tot Ludolf onverwags weer in haar lewe verskyn – en alles wat sy so sorgvuldig weggesteek het, na vore kom. Ludolf het haar nooit vergewe vir wat sy jare gelede aan hom gedoen het nie. Nou het hy boonop ontdek dat hy ’n seun het van wie hy niks geweet het nie. Hy is vasbeslote om sy plek in sy kind se lewe in te neem, al beteken dit dat hy weer met Karen moet baklei. Maar hoe langer hulle gedwing word om saam te wees, hoe moeiliker word dit om die ou gevoelens te ignoreer. Soms moet ’n mens eers deur die seer van gister werk voordat die hart weer kan liefhê.
Die Vuurhoutjiedosie
Price range: R99.00 through R179.00Die Vuurhoutjiedosie vertel die aangrypende verhaal van Smiley Solomon, wat twaalf jaar in Pollsmoor uitdien vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Ná sy vrylating ontdek hy dat sy beste vriend, Vaatjie Daniëls, die belofte verbreek het om na sy gesin om te sien. Verskeur tussen wraak en die verlange om die dogter te vind wat hom nie ken nie, moet Smiley kies watter pad hy sal loop. ’n Rou verhaal oor verraad, vergifnis en hoop.

Reviews
There are no reviews yet.