Die waarheid spoor altyd sy slagoffer op. Jandre Vermeulen is gebore om te erf – grond, rykdom en ’n naam wat respek
afdwing. Van kleins af is sy pad vir hom uitgelê: neem die plaas oor, kies ’n vrou uit die regte kringe, en leef die
lewe wat sy pa vir hom beplan het. Tog volg die hart nie altyd die pad van verstand nie. Tussen die stofpaaie en
songebrande lande leef ’n ander waarheid – een wat hy nie kan ontvlug nie. Marlie, die bywoner se dogter, dra ’n stilte
en krag wat sy wêreld omkeer. Wat begin as herinnering, word verlange… en uiteindelik ’n liefde wat geen grense ken
nie. Wanneer trots, klas en familie bots met die waarheid van sy hart, moet Jandre kies: bly hy vasgevang in ’n wêreld
van skyn en verwagtinge – of waag hy alles vir ’n liefde wat hom werklik vry maak? In ’n wêreld waar alles blink,
ontdek hy dat nie alles goud is nie….
Die erfenis van Mansgenoeg
Price range: R109.00 through R239.00Toe die gerespekteerde boer Herklaas onverwags sterf, laat hy meer as net vier plase aan sy seuns na – hy laat ‘n erfenis vanwaardes, lojaliteit en familie-eenheid na. Danie, Gerrie, Jakkie en Braam staan voor die uitdaging om dieuitgestrekte boerdery van Mansgenoeg saam te bestuur. Terwyl liefde blom, harte breek, nuwe verhoudings ontstaan en moeilike besluite geneem moet word, word die broers se band telkens op die proef gestel.
Sal die erfenis van hulle vader sterk genoeg wees om hullebymekaar te hou wanneer die storms van die lewe oor die vlakte losbreek?
‘n Aangrypende familie-sage vol liefde, verlies, hoop en dieonverbreekbare bande van broederskap.

Reviews
There are no reviews yet.