Johan Van Staden is gebore in die hart van Namibië in ‘n klein dorpie genaamd Usakos, en skryf al gedigte en stories van skooldae af. Dit is sy passie en stokperdjie. Hy hou daarvan om homself uit te druk in verhale en gedigte want dit bring inspirasie in sy hart aangaande die Afrikaanse literatuur.
Viooltjies in die Son gaan hoofsaaklik oor liefde, maar daar is so ‘n ietwat van humor ook te vinde tussenin.
Johan word meestal geïnspireer deur die alledaagse omgewing en gebeure, en druk sy emosies uit deur sy skryfkuns.
Stukkies van my hart
R139.00ʼn Christelike bundel met ʼn tikkie liefde
Stukkies van my hart is geskryf oor ’n tydperk in Lena Olwage se lewe na die dood van haar ouers en haar bekering.
Die gedigte handel oor die kruisiging, opstanding, haar grootwordjare asook haar ouers en weeskinders, hoewel sy nooit ’n weeskind was nie.
Die doel van die bundel is om haar ervaringe te deel en terselfdertyd vir die leser berusting te bring.

Reviews
There are no reviews yet.