Johan Van Staden is gebore in die hart van Namibië in ‘n klein dorpie genaamd Usakos, en skryf al gedigte en stories van skooldae af. Dit is sy passie en stokperdjie. Hy hou daarvan om homself uit te druk in verhale en gedigte want dit bring inspirasie in sy hart aangaande die Afrikaanse literatuur.
Viooltjies in die Son gaan hoofsaaklik oor liefde, maar daar is so ‘n ietwat van humor ook te vinde tussenin.
Johan word meestal geïnspireer deur die alledaagse omgewing en gebeure, en druk sy emosies uit deur sy skryfkuns.
Somerreën-beloftes
R129.00Wanneer seisoene verskil, vind ‘n hart verfrissing en vreugde in beloftes en herinneringe wat soos somerreën neerdaal. In ‘n wêreld gevul met uitdaging en emosionele dieptes, verken die gedigte lewensreis, veerkragtigheid en hoop, al deurdring hulle hartseer en verlange met die skoonheid van eenvoud en deernis. Elke vers bring die leser nader aan die menslike siel, vol warmte, krag en stille oorwinning.

Reviews
There are no reviews yet.