Toe joernalis Eloise Roos na Gansbaai gestuur word om gerugte van perlemoensmokkelary rondom die magtige sakeman Justin Hudson te ondersoek, verwag sy ’n gevaarlike storie — nie ’n man soos Matthew Hudson nie. Onder die dekmantel van ’n biografieprojek kry Eloise toegang tot die Hudson-huis, waar luuksheid, invloed en geheime agter elke glimlag skuil. Hoe langer sy daar bly, hoe moeiliker raak dit om waarheid van voorgee te onderskei. Want alles dui daarop dat iets donker onder die oppervlak broei. Terwyl haar hart haar in een rigting trek en haar instinkte in ’n ander, besef Eloise dat sy nie net ’n storie ondersoek nie — sy stap reguit in die middel van ’n web van leuens, gevaar en verborgenheid in. Wanneer maskers begin val, is die waarheid gevaarliker as wat sy ooit kon dink … en die prys daarvan dalk haar hart.
Antoni se laaste vlug (Grootdruk)
R329.00’n Vliegtuig stort neer. Meer as tweehonderd mense sterf. Net een man oorleef.
Ná die dood van haar geliefde broer, Antoni, probeer Nikita Schoonraad sin maak van ’n tragedie wat haar lewe onherroeplik verander het. Maar voordat sy behoorlik kan rou, plaas Jeffrey – Antoni se medevlieënier en die enigste oorlewende van die ramp – die vermiste vlugopnemers in haar hande. Volgens hom bevat dit die bewys dat Antoni verantwoordelik was vir die ongeluk.
Om haar broer se naam te beskerm, moet Nikita die waarheid wegsteek. Maar hoe langer die geheim voortleef, hoe gevaarliker word die leuens rondom haar. Wanneer die invloedryke sakeman Renier Vosloo onverwags haar lewe binnestap, begin hy vrae vra wat niemand anders durf vra nie.
Waarom is Jeffrey so desperaat om die vlugopnemers uit die hande van die ondersoekspan te hou?
En wat het werklik tydens Antoni se laaste vlug gebeur?
Maar sommige geheime is eenvoudig te groot om vir altyd begrawe te bly

Reviews
There are no reviews yet.