In die 18de-eeuse Amsterdam droom die jong Marijke van Duin van méér as ’n veilige lewe, deftige rokke en ’n gereëlde huwelik. Toe die geleentheid opduik om haar niggie in verre Ceylon by te staan, gryp sy die kans aan vir die avontuur waarna haar hart smag. Saam met haar geliefde tante Harmonie vertrek sy op ’n gevaarlike seereis na die geheimsinnige Spesery-eiland. Tussen storms, vreemde lande en nuwe gebruike ontdek Marijke dat die wêreld groter en meer ingewikkeld is as wat sy ooit kon droom. Maar dis nie net avontuur wat wag nie. Terwyl ’n onverwagte liefde tussen Harmonie en die skeepsdokter begin ontvlam, word Marijke self gekonfronteer met vrae oor liefde, vryheid en haar eie toekoms. Die Strooipop van Spesery-eiland is ’n meesleurende historiese roman vol romanse, humor, avontuur en die geur van eksotiese speserye.
Gulpflerrie en ander Seksstories
Price range: R79.00 through R229.00Die drie boustene van ’n suksesvolle verhouding is liefde, vertroue en kommunikasie. Gulpflerrie skep vir paartjies die geleentheid om spontaan oor hulle seksuele behoeftes te kommunikeer. Seks is ’n belangrike aspek van enige gesonde verhouding. Paartjies met ’n goeie sekslewe is gewoonlik gelukkiger en voel nader aan mekaar as ander paartjies. As vroue meer fantaseer oor seks en mans meer ingestel raak op hulle maats se seksuele bevrediging, sal almal meer liefde WIL maak.
In Gulpflerrie word ook lewenslesse aan die leser deurgegee, soos in “Thaise vakansieklimaks:” ‘Only when you are no longer afraid, you can begin to enjoy life” en Kahlil Gibran: “Wanneer die liefde roep, moet jy dit volg.”

Reviews
There are no reviews yet.