In die 18de-eeuse Amsterdam droom die jong Marijke van Duin van méér as ’n veilige lewe, deftige rokke en ’n gereëlde huwelik. Toe die geleentheid opduik om haar niggie in verre Ceylon by te staan, gryp sy die kans aan vir die avontuur waarna haar hart smag. Saam met haar geliefde tante Harmonie vertrek sy op ’n gevaarlike seereis na die geheimsinnige Spesery-eiland. Tussen storms, vreemde lande en nuwe gebruike ontdek Marijke dat die wêreld groter en meer ingewikkeld is as wat sy ooit kon droom. Maar dis nie net avontuur wat wag nie. Terwyl ’n onverwagte liefde tussen Harmonie en die skeepsdokter begin ontvlam, word Marijke self gekonfronteer met vrae oor liefde, vryheid en haar eie toekoms. Die Strooipop van Spesery-eiland is ’n meesleurende historiese roman vol romanse, humor, avontuur en die geur van eksotiese speserye.
Keuses
Price range: R69.00 through R169.00“Die lewe, my kind, is net soos ʼn pokerspel. Hy deel nie altyd vir jou goeie kaarte nie. Soms ontvang jy kaarte waarmee jy niks kan doen nie, kaarte wat jy nie wil hê nie.
Dan het jy nie ʼn keuse nie: jy kan daardie kaarte nie omruil vir ander, beter kaarte nie. Jy moet dit wat jy gekry het gebruik. Dis waar jy leer bluf.

Reviews
There are no reviews yet.