3 Verhale in 1 Drie uiteenlopende verhale deur die gewilde Wilmarí Jooste. Stories van onvoorwaardelike liefde.
Voorheen gepubliseer as aparte verhale in die Potpourri-Genotreeks boeke Towerspel is ‘n fantasieverhaal waarin die
skrywer dit regkry om jou aandag te boei deur swartmagkuns, heksery en die gevolge daarvan. Bekende Vreemdeling is ‘n
verhaal vol empatie en gebeur so baie in die werklike lewe. Deur seerkry gooi Talita alles oorboord en word swanger.
Sal die pa handjies gevou sit wanneer hy besef hy het ‘n kind? Skoonlief en die Rockster vertel van ‘n tweeling,
Andolene en Charlene Myburgh, wat inskryf vir die Mejuffrou Ultima Skoonheids-kompetisie. Andolene wen die kompetisie
en dit gooi haar lewe erg deurmekaar. Nie net alleen moet sy Charlene se woede en haat hanteer nie, maar ook die wete
dat sy van Heinrich sal moet vergeet, veral toe dit uitkom dat Nicky se van eintlik óók Malan is en dat Heinrich langs
haar waak toe sy geboorte skenk aan ’n seun. Charlene se woede bou op tot ’n punt waar sy nie meer beheer het oor haar
optrede nie en Andolene moet ’n duur prys daarvoor betaal.
Skoonlief en die rockster (Toeganklike Grootdruk)
R269.00Heinrich Malan, beter bekend as die berugte rockster Lincoln Ray, is gewoond aan die kollig, skandale en die onophoudelike aandag van aanhangers. Wanneer hy gedwing word om as gaskunstenaar by die gesogte Mejuffrou Ultima-kompetisie op te tree, verwag hy ‘n week vol oppervlakkigheid en irritasie. Andolene Myburgh is alles behalwe die tipiese skoonheidskoningin. As joernalis en boekliefhebber neem sy slegs deel aan die kompetisie omdat haar tweelingsuster haar oorreed het. Sy verlang na stilte, eenvoud en haar gewone lewe. Wanneer hulle paaie onverwags kruis langs ‘n rustige stroompie, ontdek hulle albei dat eerste indrukke gevaarlik misleidend kan wees. Agter die wilde rockster skuil ‘n man met ‘n sagte hart, en agter die rooikop skoonheid ‘n vrou wat weier om deur voorkoms alleen beoordeel te word. Maar kan liefde blom wanneer die wêreld voortdurend kyk, oordeel en inmeng? Of sal roem, geheime en verskillende lewens hulle uitmekaar dwing voordat hul verhaal werklik kan begin? ‘n Hartroerende liefdesverhaal vol romanse, humor, musiek en onverwagte tweede kanse.

Reviews
There are no reviews yet.