Price range: R129.00 through R339.00

Bushy McDougal

Bushy McDougal sit vas in die net van ’n gewetenlose Namibiese dwelm- en diamantsmokkelaar, Blanche Mouton. Wanneer hy met ’n sak vol diamante vlug, verdwyn hy spoorloos. Sy vriend Jack du Toit gaan op soek, en ’n gevaarlike reis deur Namibië en Namaqualand begin. ’n Neergestorte helikopter, dooie mans in ’n motor, en ’n wrede wraakplan vorm die agtergrond van hierdie spanningsverhaal. Wat het van Bushy, die diamante, en BB se miljoene geword?

EPUB PAPERBACK PDF
Clear
English
Clear
All Ages
Clear
978-1-77646-181-3 325 2023-11-08 English N/A ,

Meet The Author

Bushy McDougal is vasgevang in die kloue van n gewetenlose dwelm- en diamantsmokkelaar van Namibi . Hy het uit desperaatheid jare tevore geld geleen by die skurk en word daarna deur hom afgepers en gedwing om dinge te doen wat hierdie saggeaarde grapjas nooit sou kon droom om te doen nie.Bushy besef hy sal nooit uit die kloue van Blanche Mouton kan kom nie, en besluit om met n groot bedrag kontant en diamante van hom op die vlug te slaan.
Wanneer Jack du Toit, n goeie vriend van Bushy, hoor Bushy het soos n groot speld verdwyn, besluit hy om so n bietjie rond te vra wanneer hy en twee van sy klublede met hul motorfietse deur Namibi op toer gaan. Onwetend betrek Bushy sy vriend by Blanche Baster Mouton se wraak oor iets wat gedurende die grensoorlog gebeur het.
Jack besef dat iets nie lekker is met die verdwyning van Bushy nie. Daar gebeur nooit iets in Namaqualand nie, maar ongeveer dieselfde tyd van Bushy se verdwyning, val n chopper van die myn myle van waar hy moet wees in die see. Albei die insittendes is doodgeskiet. Blykbaar is n klomp diamante ook weg.
Deur die Suide van Namibi en Namaqualand speel die woeste soektog af na Bushy, die geld en die diamante.
Twee ouens word dood in n motor gevind net buite Springbok. n Aanval op n boer in Suid-Afrika deur n bendelid. n Bendeleier word in stukke geblaas. Alle paaie lei na Blanche Mouton.
Maar die vraag op almal se lippe: Wat het van Bushy McDougal, die diamante, en BB se miljoene geword?

Book Type

, ,

Language

Age Group

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Bushy McDougal”