Wat ‘n aangename verrassing om Johan Heyns, voormalige weermagoffisier, se bundel te lees.Alhoewel Johan Heyns nog relatief jonk is, dig hy oor die wedervaringe van die voormalige SA Polisie op kundige wyse. Die ou polisie het gedurende 1994 tot ‘n einde gekom.
Johan Heyns is iemand met ‘n fyn waarnemingsvermoë! Die departement van polisie het die gebruik van sekere “weersinswekkende” woorde, bv. “pas, klopjag en vangwa”, verbied. Johan Heyns, as digter, maak natuurlik hier van digterlike vryheid gebruik en gebruik juis die polisieman se verbode polisietaal.
Hy dig oor verskeie anekdotes wat in die polisie se annale voorgekom het en hy dek ‘n wye veld van onderwerpe, bv. die twee troetel-olifante wat die polisie op die grens gehad het. Ook die opleiding te Maleoskop, grensdiens, die WVK en Fort Beaufort se VVV. Hy bring ook hulde aan generaal JG “Ster-Hans” Dreyer van Operasie “K”.Die bundel is van kultuurhistoriese waarde want dit dek ‘n era uit die verlede.
Brig Hennie HeymansSAP-afgetredene en redakteur van die Nongqai.
The scars that shaped me
R139.00I have lived, I have seen a lot, my whole life I knew the difference between right and wrong, although I also tried to do the right thing, mostly I didn’t succeed. I have many hidden emotions that few people can see, yet if you read my poetry, I reveal myself to some extent.

Reviews
There are no reviews yet.