Gedigte is selde die werk van ’n ligsinnige verstand en word al lank geassosieer met wat die meeste in die lewe saak maak—verhoudinge, liefde, geestelikheid, die natuur en die betekenis van die lewe. In Die ABC van Emosies, neem Kobus jou op ‘n gedigte-reis deur die lewe. Hy skryf oor die lewe, die ouderdom, die mooi en die seer.
Die dassies van Mosselbaai
R229.00Welkom by die sonwarm rotse van Mosselbaai, waar die klein dassies groot avonture beleef! Ontmoet vir Jan Dassie – ’n dapper pappa wat alles sal doen om sy gesin veilig te hou. Saam met sy drie nuuskierige kleintjies, Sarel, Sannie en Hester, wag daar elke dag nuwe verrassings… en soms ’n bietjie gevaar ook! Van ’n skrikwekkende ontmoeting met ’n groot haai, tot ’n hartroerende les oor vriendskap wanneer ’n vreemde hasie hul pad kruis – en selfs ’n seer tandjie wat ’n belangrike geheim oor gesondheid leer – elke storie is propvol avontuur, pret en wysheid. Die Dassies van Mosselbaai is ’n warm, liefdevolle versameling stories wat jong lesers sal laat lag, saam laat voel en sommer ook iets besonders leer oor omgee, moed en geloof. Kom speel saam … die dassies wag vir jou.

Reviews
There are no reviews yet.