Die hart van ’n vrou … die hartklop van ’n huis. Sy is die gom wat ʼn gesin aanmekaar hou en sy plaas haarself altyd tweede, staan sterk sonder om haar kwesbaarheid te ontbloot. Maar, sy sal veg tot die dood toe wanneer daar onreg aan iemand of iets vir wie sy lief is, gedoen word. In tye van nood sal sy intree, optree en jou stormloop sonder om twee keer, of aan die nagevolge, te dink. Nie net gister se vrouens nie, maar tot vandag toe nog staan sy uit. ’n Hart van goud met ’n ysterhand.
Haar kinders weet dat niks te groot is vir haar om te hanteer nie en haar man besef dat sy sy hande sterk hou wanneer syne afgekap of swak is. Haar dogter kyk op na die sterk vrou wat sy is en maak te alle tye staat op haar liefde en ondersteuning.
ʼn Vrou is ʼn onbeskryflike wese met ʼn onbeskryflike invloed op haar geliefdes se lewens … en wanneer daar ’n ou wyse vader by die huis op haar wag, is hulle so goed soos ’n weermag van honderd met die wysheid van Salomo.
Raad wat jy al gehoor het en van geweet het, maar wat jy vandag weer moet hoor. Luister tog, voor dit dalk te laat is. En moenie vergeet nie, baie belangrik, ’n vrou wil liefgehê word …
Sieraad uit as
Price range: R79.00 through R209.00Uit pyn word geloof gebore. Uit verlies – lig. Sieraad uit As is ʼn diep roerende bundel verhale oor vroue wat deur vuur
gegaan het en tog nie verteer is nie. Elke verhaal dra die egtheid van ʼn hart wat gebreek, getwyfel, gesukkel en weer
opgestaan het. Van die vrou agter die agterdeur tot die een wat in stilte vergewe; van die wat haarself verloor het tot
die wat weer gekies het om te leef – hierdie stories fluister van hoop, genade en tweede kanse…

Reviews
There are no reviews yet.