Die dood van sy vrou en kind het Jurg ʼn nors, bitter man gemaak. Net sy kolliehond Sampie, ken die sagte kant van die jong boer. Hulle is onafskeidbaar.
Daar word baie hard op die plaas gewerk om kop bo water te hou, Jurg het nie ryk geërf nie. Sy rekening by die koöperasie is reeds in die rooi.
Dan daag die skone, vrolike, Fleur onverwags op. Sy is oortuig daarvan dat sy plaas toe genooi is. Boonop het haar motortjie, Noddy, dit net-net gemaak tot op die plaas.
Fleur kruip sommer gou onder almal se vel in. Die lewe op die plaas is alles wat sy begeer. Sy steek ook nie lyf weg nie, sy probeer help net waar sy kan. Dit is net vreemd dat Jurg, of Grootseun soos wat sy hom noem, beweer hy weet niks van haar koms nie.
Kersfees kruip nader, maar die reën is skaars, en die geld nog skaarser.
Sal daar dalk ʼn wonderwerk kom vir die plaas en sy mense? Kersfees is mos immers die tyd wanneer goeie dinge gebeur.
Die Hoop Beskaam nie
Price range: R99.00 through R209.00Siegfried, ‘n eenstrotse man, leef afgesonder op ‘n strand naby die Kaap, sy hart verstrengel in die verlange na sy verlore vrou, Jovanna. Ná jare van wag op ‘n skip wat haar terug sou bring, begin sy hoop vervaag. Wanneer Lillie, ‘n fyn, dog sterk vrou, in sy lewe verskyn, verander alles. Haar warmte en deursettingsvermoë bring ‘n nuwe doelwit vir hom. Stadig maar seker word hy losgeruk uit sy selfopgelegde isolasie. Die verhaal kronkel deur verlange, aanvaarding en die uiteindelike bevryding van die verlede. Siegfried ontdek ’n nuwe lewe, ‘n familie wat hy nooit verwag het nie en ‘n tweede kans op liefde en tuiskoms.
Die Hoop Beskaam Nie is ‘n verhaal van verlore drome, rou pyn en die onverwagte skoonheid van ‘n nuwe begin

Reviews
There are no reviews yet.