EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

‘n Gesiggie om te onthou

Price range: R59.00 through R129.00

Jennifer Hackins is jonk, sorgvry en lewendig – altyd die een wat die partytjie aan die gang hou. Maar haar liefde vir
die bottel en haar dwars natuur bring meer as een nag van skandes. Wanneer sy skielik siek en uitgeput voel, lei dit
tot ’n ontdekking wat haar wêreld omkeer: sy is swanger. Haar droom om by die polisie aan te sluit, vervaag, en sy moet
nou die werklikheid van volwassenheid en verantwoordelikheid in die oë kyk. Saam met Lorenzo, haar getroue maar
mismoedige lewensmaat, begin sy die pad stap na ouerskap – ’n pad vol hoop, vrese, skuldgevoelens en moeilike keuses.
Maar die lewe bied nie altyd sprokies nie…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Dagbreek (Groot Druk)

R189.00

Bianca van Wyk, ‘n joernalis wat tans werk as regsbibliotekaresse by een van die grootste regspraktyke in die stad. Sy
verpes elke oomblik van haar werk. Advokaat Pieter van Reede van Oudsthoorn, neem haar bykans elke aand uit vir ete en
oorlaai haar met duur handsakke en parfuum. Hy doen sy bes om die koppige Bianca te vorm in die beeld wat hy van ‘n
vrou het wat by hom behoort te pas. Na ‘n impulsiewe werksaansoek aanvaar Bianca die geleentheid om as
feeskoördineerder na die Karoodorp, Albertsrus te verhuis…

Die kneg van Verbeeck Boerdery (Groot Druk)

R319.00

Tersia Vermeulen het ‘n droom: om ‘n volbloed-perdeboer te wees. As gekwalifiseerde veearts weier sy om agter ‘n
lessenaar vasgevang te word — sy vermom haarself as ‘n man en neem ‘n pos aan op die mees gesogte stoetery in die land.
Maar Kobus Verbeeck, die hardekwas eienaar, het geen liefde vir vroue op sy plaas nie, en glo nie dat hulle hul plek
tussen perde in die werf ken nie. Tog is Tersia vasberade om hom anders te wys. Te midde van stugte bevele, vurige
perde en verdagte oë, begin ‘n stille respek tussen die twee vorm. Sal Tersia se geheime haar ondergang wees, of sal
haar kennis en passie haar red?

PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

En ek sal lag (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R219.00

Mieke se wêreld is besig om inmekaar te stort. Vasgevang in ‘n web van pyn, uitputting en nagmerries, neem sy ‘n moedige besluit: sy laat haar opneem in die Heide Kliniek. In ‘n veilige omgewing, omring deur eienaardige, tog onvergeetlike karakters soos die veelvoudige Maureen en die saggeaard sielkundige Derick, begin Mieke stadig maar seker haar seer ontrafel. Elke traan, elke lag, elke handvol klei en selfs ‘n skilpad-slak bring haar nader aan herstel. Sy leer weer slaap, glimlag, swem – en skryf. Maar die pad na genesing is nie reguit nie, en die pyn van die verlede klop hard aan. Sal sy uiteindelik die moed hê om haar diepste wonde oop te maak en haar stem terug te vind?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

En ek sal lag

Price range: R79.00 through R189.00

Liefde na die Winter

Price range: R79.00 through R179.00

Wanneer ‘n man alles verloor — sy huis, sy gesin, sy trots — bly net die stilte van die nag en die hoop op ’n nuwe begin. Liefde na die Winter vertel die aangrypende verhaal van Kobus Fourie, ‘n eens suksesvolle man wat die slagoffer word van ‘n verbruiksug wat hom nie meer kan onderhou nie. Sy vrou en seun, wat hy jare lank onderhou het, draai hulle rug op hom toe hy hul krediet sny. Maar wanneer die lewe hom alles ontneem, vind hy iets kosbaarders as besittings: innerlike vrede, ware vriendskap en die moed om weer op te staan.
Engela de Bruyn se verhaal is ‘n rou, eerlike blik op verlies, trots en die pynlike pad na selfontdekking. Kobus se reis is nie net een van oorlewing nie, maar van genesing — en dalk, net dalk, die kans op liefde ná die winter.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Shilo, Koningin van Harte

Price range: R109.00 through R289.00

Shilo, Koningin van Harte is ’n verhaal van hoop, misterie, en die magiese toevallighede wat ons lewens rig. Laat hierdie roman jou wegvoer na ’n wêreld waar die seebries die verlede fluister, en nuwe beginne wag om ontdek te word.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Pad van Hel

Price range: R109.00 through R269.00

Gebaseer op ‘n ware verhaal.
Twee jong susters, onskuldig en vol lewensvreugde, word onverwags deur hul ma weggeneem van die enigste huis en liefde wat hulle ooit geken het. In ‘n vreemde en soms vyandige omgewing moet hulle oorleef, aanpas en mekaar beskerm teen ‘n wêreld vol uitdagings. Hierdie aangrypende verhaal van verlange, hoop en onbreekbare band tussen susters sal jou hart gryp en nie weer los nie. Tog weef die verhaal ‘n narratief ryk aan emosie en lewendige beelde, wat diep menslike stryd en triomf uitbeeld.
Die storievertelling is teer en rou, en trek lesers in by die karakters se diepste gedagtes en die skerp realiteite van hul wêreld. Die balans tussen dialoog en beskrywing verhoog die egtheid van die verhaal, wat dit diep herkenbaar en onvergeetlik maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Ou liefde roes nie

Price range: R39.00 through R139.00

Die lewe het vir Mari lelike kurwes gegooi. Sy besluit om na al die ongelukkige jare in die stad, terug te keer na haar plattelandse tuisdorp, waar sy hoop sy weer vrede sal vind. Maar haar planne om ‘n stil lewe te lei, word omvergegooi wanneer Japie Basson, haar ou skoolliefde, onverwags by haar voordeur opdaag. Dieselfde Japie wat haar hart as jong meisie, in seweduisend stukkies gebreek het.
Die soet kom saam met die bitter toe sy besef dat sy na alles, steeds lief is vir hierdie man!. Hulle spandeer ’n aand saam, en soos die noodlot dit bepaal, sy raak swanger. Nie net met een baba nie, maar drie!
Wat volg is ’n verhaal vol nostalgie, humor en emosie. Die storie ontvou met onthullings oor die verlede en dinge wat nie altyd volgens plan verloop nie. Gaan Japie haar bystaan met die swangerskap en deel word van Mari en die drieling se lewens, of gaan hy die pad vat en wéér haar hart breek?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Sluiers van Liefde

Price range: R109.00 through R269.00

Die skrywer weef ‘n aanskoulike, evokatiewe tapisserie van emosie en landskap, wat opregte oomblikke met spanningsvolle kinkels kombineer. Deur diep introspektiewe prosa en lewendige beskrywings word die leser ingetrek in ‘n wêreld van verlange, tradisie en rebellie, wat die verhaal beide nostalgies en kragtig onmiddellik maak.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geheime

Price range: R69.00 through R169.00

‘n Aangrypende verhaal van liefde, verlies en die keuses wat ‘n familie maak. Die opvolg van Keuses

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Virrie tiener in my hood

Price range: R39.00 through R139.00

VIRRIE TIENER IN MY HOOD praat met die jongeling op sý vlak en in ‘n taal wat hulle verstaan. Deur middel van scenario’s wat geskep word, bring die skrywer die boodskap van hoop. Die leser kan homself identifiseer met dit wat bespreek word en sodoende sien dat daar altyd hoop is, al lyk jou situasie hóé droewig.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

As liefde tuiskom (Groot Druk)

Price range: R129.00 through R309.00

Alex Zeeman is bekend as ’n koue, ongenaakbare man wat op ander mense trap om sy doel te bereik en vroue net as afleiding gebruik.
Op pad Johannesburg toe van die Kaap af, doen hy noodgedwonge by ’n gastehuis aan. Daar moet hy tot sy skok uitvind dat die eienares iemand is wat weet wie hy is en hom baie vyandiggesind is. Vicky was Jacoba Strydom se grootmaakkind.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Hoop vir Kersfees (Groot Druk)

Price range: R79.00 through R179.00

Die dood van sy vrou en kind het Jurg ʼn nors, bitter man gemaak. Net sy kolliehond Sampie, ken die sagte kant van die jong boer. Hulle is onafskeidbaar. Dan daag die skone, vrolike, Fleur onverwags op. Kersfees kruip nader, maar die reën is skaars, en die geld nog skaarser.
Sal daar dalk ʼn wonderwerk kom vir die plaas en sy mense? Kersfees is mos immers die tyd wanneer goeie dinge gebeur.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Liefde is ‘n Kuns

Price range: R89.00 through R219.00

Sy moet ‘n besluit neem, Heinrich verstaan nie hoekom sy bly weifel nie. Hy verwag ‘n antwoord van haar, hy het haar lief. Wat van Lucas?
Sy sal besluit na die kunsuitstalling. Is dit wat die toekoms vir haar inhou? Wat van Lucas? Het hy vergeet van die liefde in sy lewe?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Trane in ʼn kruik

Price range: R100.00 through R259.00

Louisa se stryd om haar identiteit en die konflikte met haar aanneemouers raak die leser diep. Kan dit lei tot hoop en versoening?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
1 2 4