Ek glo ons het elkeen ‘n eiland in ons gees waar net jy en God kan kom. Dis ‘n eiland waar ‘n mens se rou wonde en eelte naak lê. Dis ook ‘n plek waar God in jou oor fluister en sê dat jou naam alreeds in Sy handpalm geskryf staan en dat jy het wat nodig is om aan te gaan ten spyte van jou omstandighede. Ek glo my ma het so ‘n eiland in haar gees gehad, want hoe anders kon sy aangaan. Hierdie is my onthou van my ma, dit is haar storie, maar ook ons storie.
Die Tuiskoms
Price range: R99.00 through R159.00Die Tuiskoms is ’n aangrypende verhaal oor familie, geheime en die moed om die waarheid te konfronteer – selfs wanneer dit jou hele wêreld verander. Roeline se skryfstyl is sensitief, eerlik en emosioneel deurleef. Sy skep geloofwaardige karakters en verweef familiegeheime met diep menslike temas soos verlies, identiteit en vergifnis. Haar stories ontvou geleidelik en hou die leser vasgevang totdat die laaste waarheid uiteindelik aan die lig kom.

Reviews
There are no reviews yet.