Die noodlottige ongeluk van Melda Malan se ouers het die klein Bolandse dorpie geruk. Nou rus dit op haar tenger skouers om na haar kleinboet, Janneman, om te sien.
Die omvang van alles word egter ? paar weke later ontbloot toe die ouditeure deur haar prokureur-pa se boeke gaan. Derduisende rande van kliënte se trustgelde is verduister, en sy, Melda, staan skielik in die beskuldigde bank. Die praktyk en die huis word verkoop om die skuld te delg, wat Melda en haar agtjarige boetie in ’n uiters benarde posisie laat. Alhoewel sy onskuldig bevind word deur die hof, skinder die dorpsmense agter bakhande. Vasbeslote om vir haar en Janneman ? nuwe lewe te skep, vlug hulle ver genoeg weg van Bergstroom af na Johannesburg, waar nog geen mens ooit gehoor het van Wynand Malan en sy skelmstreke nie.
Ontnugter kom sy agter dat dit nie so maklik is vir ’n naïewe plattelandse meisie om in die stad werk te kry nie.
Dewald Stassenheimer ontferm hom oor Melda en Janneman nadat hulle na twee moeilike maande, op straat beland. Dewald raak regtig lief vir die voshaarnooi met die vurige humeurtjie, maar hy weet sy ouer broer, Derrick, sal hulle verhouding nooit goedkeur nie.
Die vonke spat toe Derrick Stassenheimer, geswore vrouehater en grootbaas van die koöperatiewe reus, Heimers-Industrieë, Melda daarvan beskuldig dat sy Dewald misbruik.
Dan gebeur daar onverwags ’n insident tussen Derrick en Melda. Dit het ’n reeks kettingreaksies tot gevolg, wat die Stassenheimer-huishouding tot in sy fondamente skud.
Weereens bevind Melda haar in ’n benarde posisie en slaan op die vlug, maar hierdie keer is haar hart in die gedrang.
Liefste perskedief (Grootdruk)
R309.00Anika Herbst is die sonstraal van Geluksdal – vrolik, spontaan en altyd gereed vir ‘n nuwe avontuur. Ná ‘n droomvakansie keer sy terug huis toe, net om haarself binne ure in die grootste moeilikheid denkbaar te bevind: ‘n val uit ‘n perskeboom, ‘n verstuite enkel, en ‘n onverwagte botsing met haar nuwe buurman. Jos Joubert het na Geluksdal gekom om sy verlede agter te laat. As die nuwe skoolhoof probeer hy orde in sy lewe herstel, maar niks kon hom voorberei op die vurige rooikop wat sy rustige bestaan op sy kop gaan keer nie. Tussen misverstande, skerp woordewisselings, ‘n klein seuntjie met ‘n kettie en ‘n dorp wat graag inmeng, groei daar stadig iets wat geen van hulle verwag het nie. Maar kan twee mense wat so verskillend is, leer om mekaar se harte te vertrou? Liefste Perskedief is ‘n hartroerende liefdesverhaal vol humor, warmte, tweede kanse en karakters wat jou hart sal steel.

renevdm123 –
Slingerpad na die Hart is ‘n hartroerende verhaal vol intrige. Daar is genoeg komiese oomblikke wat die spanning breek, en ek was mal oor die verrassende slot. Ek het die boek baie geniet en kon dit nie neersit tot ek klaar gelees het nie. Ek kan dié liefdesverhaal beslis aanbeveel.