Meesterlike Dubbelspel (Groot Druk)
Price range: R119.00 through R279.00Die sewentienjarige Charlotte is baie geïnteresseerd in medies, veral die anatomie van die mens. Sy het ’n passie om mense te genees, maar daar is soveel wat teen haar tel. Vir vroue in die laat 1800’s is ’n beroep in die manswêreld taboe, haar droom om medies te studeer sal altyd net ’n droom bly. In Charlotte se eie woorde: “’n Droom bly net ’n droom as jy niks daaraan doen nie. Maar ’n vrou met ’n droom maak ’n droom realiteit as sy ander vroue agter haar het met dieselfde droom. As jy regtig wil, sal jy! Al moet jy die broek van jou vyand aantrek en sy geur aan jou smeer. Jy moet soos hy word en sy agenda verander om vir jou te werk.”
