‘n Koue seisoen
Price range: R89.00 through R209.00Wanneer Carly Eloff uitvind van haar man se buite-egtelike verhouding, trek sy finaal die woonsteldeur agter haar toe en stap die nag in.
Ans Barnard laai haar op en neem haar in. Carly gaan saam plaas toe. Almal aanvaar haar teenwoordigheid in die klein huisie, maar Ans se susterskind en mede-plaaseienaar is ‘n ander storie. Marnus, met sy afsydige houding en ysblou oë wat tot in haar siel kyk, beskou haar as ‘n indringer en fortuinsoeker, of so voel dit vir haar. Haar lewe word ‘n tweede keer omgekeer wanneer haar geliefde tannie Ans onder verdagte omstandighede sterf.
Wat hou die toekoms in vir Carly? Sal sy Marnus kan oortuig van haar eerbare bedoelings met sy tante? Gaan sy aanbly op die plaas, of moet sy elders van voor af begin?
