Kyla kyk ondersoekend na Rian. Hoe kan sy vir hom sê dat sy optrede haar verwar? Sy is seker daar moet iets fout wees met haar brein. Haar mensekennis het haar nog nooit in die steek gelaat nie. Hoekom is dit asof Rian probeer voorgee wat hy nie is nie? Sy skud haar kop. Die Rian hier langs haar en die Rian van ʼn paar weke terug is definitief nie dieselfde mens nie. Die ou Rian was nie so besorg oor haar nie en daar is ʼn paar dingetjies aan hom wat verander het. Sy kyk met meer aandagtig na hom.
Ruan voel hoe sy hart swaar klop. Miskien is dit nou die tyd om haar te vertel, maar dis asof hy bang is. Bang om die veragting in haar oë te sien. Dinge het ook al klaar te vêr gevorder tussen hulle twee. Hy weet as sy die waarheid moet uitvind oor hom, sal sy hom nie maklik vergewe nie.
Storms van liefde (Groot Druk)
R219.00Wanneer ’n storm oor die land breek, word harte ontbloot en geheime onkeerbaar losgeruk. Elsabé is ’n onafhanklike vrou wat haar gevoelens lankal agter professionele grense wegsteek. Marnus, ’n toegewyde dokter met ’n verlede vol onsekerhede, glo hy het geen tyd vir liefde nie. Wanneer ’n onskuldige uitnodiging hulle na ’n afgeleë plaashuis lei, word albei gedwing om hul vrese, twyfel en verlange in die oë te kyk. Te midde van dreigende onweerswolke, knetterende kaggelvure en onuitgesproke begeertes, begin vertroue stadig groei. Maar kan liefde werklik wortelskiet waar misverstande, jaloesie en onsekerheid lank reeds skade aangerig het? Storms van liefde is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele ontwaking en die krag van liefde wat selfs die hewigste storms kan trotseer.

Reviews
There are no reviews yet.