Wanneer Carly Eloff uitvind van haar man se buite-egtelike verhouding, trek sy finaal die woonsteldeur agter haar toe en stap die nag in.
Ans Barnard laai haar op en neem haar in. Carly maak haar hart oop teenoor die ouer vrou en hulle raak goeie vriende.
Carly gaan saam plaas toe. Almal aanvaar haar teenwoordigheid in die klein huisie, maar Ans se susterskind en mede-plaaseienaar is ‘n ander storie. Marnus, met sy afsydige houding en ysblou oë wat tot in haar siel kyk, beskou haar as ‘n indringer en fortuinsoeker, of so voel dit vir haar.
Ten spyte van Marnus se houding teenoor haar, bring die rustigheid van die plaas weer kalmte in haar gemoed en flenter hart.
Haar lewe word ‘n tweede keer omgekeer wanneer haar geliefde tannie Ans onder verdagte omstandighede sterf.
Wat hou die toekoms in vir Carly? Sal sy Marnus kan oortuig van haar eerbare bedoelings met sy tante? Gaan sy aanbly op die plaas, of moet sy elders van voor af begin?
Storms van liefde (Groot Druk)
R219.00Wanneer ’n storm oor die land breek, word harte ontbloot en geheime onkeerbaar losgeruk. Elsabé is ’n onafhanklike vrou wat haar gevoelens lankal agter professionele grense wegsteek. Marnus, ’n toegewyde dokter met ’n verlede vol onsekerhede, glo hy het geen tyd vir liefde nie. Wanneer ’n onskuldige uitnodiging hulle na ’n afgeleë plaashuis lei, word albei gedwing om hul vrese, twyfel en verlange in die oë te kyk. Te midde van dreigende onweerswolke, knetterende kaggelvure en onuitgesproke begeertes, begin vertroue stadig groei. Maar kan liefde werklik wortelskiet waar misverstande, jaloesie en onsekerheid lank reeds skade aangerig het? Storms van liefde is ’n roerende liefdesverhaal oor tweede kanse, emosionele ontwaking en die krag van liefde wat selfs die hewigste storms kan trotseer.

Reviews
There are no reviews yet.