Wie is Piet? Vir die meeste mense is hy net nóg ’n boemelaar – vuil, mank en sonder ’n adres. Mense kyk weg, trek hul neuse op en stap vinniger verby. Niemand vra vrae nie. Niemand wil sy storie hoor nie. Maar elke mens dra ’n verlede saam. Terwyl Piet sukkel om met ’n besmette wond, honger en vernedering te oorleef, ontvou daar stadig ’n verhaal van verlore drome, gebroke verhoudings en keuses wat ’n lewe onherroeplik verander het. Die wêreld sien net die man langs die straat, maar agter die vuil baard en verslete klere skuil ’n mens met ’n naam, ’n geskiedenis – en ’n waarheid wat niemand sou verwag nie. Ek is Piet is ’n aangrypende verhaal oor menswaardigheid, genade en die gevaar daarvan om te vinnig te oordeel. Soms lê die grootste stories juis in die mense by wie ons verbyloop. Want elke “boemelaar” het ’n naam. En elke naam het ’n storie.
Boesman sal weer kom Mamma
Price range: R99.00 through R199.00Alfred Maasdorp, ‘n eens gerespekteerde onderwyser, ontsnap ná ‘n veroordeling vir ernstige misdrywe. Op die vlug word hy onverwags ‘n beskermheer vir ‘n beseerde dogtertjie, terwyl hy worstel met verraad, skuldgevoel en ‘n samelewing wat teen hom draai.
