Giel Woest, ’n voormalige skoolhoof, word valslik van verkragting beskuldig deur sy kleindogter, Christelle, en vervreem van sy familie. Ná sy tronkstraf verdwyn hy na Port St Johns, waar hy ’n wese, Inge, uit die see red. Terwyl hy vir haar sorg, begin sy dogter Petro vermoed dat Christelle gelieg het en gaan soek na haar pa. Hierdie aangrypende verhaal handel oor skuld, vergifnis, gesinsvervreemding en die soeke na heling—én oor ’n kind wat dalk vir Giel ’n tweede kans op liefde bied.
Jakes van die Kinderhuis
Price range: R89.00 through R229.00In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.

marthapoller –
Hierdie boek van Francois Stemmet is een uit ‘n duisend! Jy lees nie net die boek nie, jy beleef ‘n mens se lewe, sy hartklop, sy verliese, sy eensaamheid. Giel was in die tronk oor hy glo sy kleindogter verkrag het, en hier red hy ‘n dogtertjie se lewe en sy bly nou by “Oupa”. Jy vrees elke oomblik vir wat volgende gaan gebeur of nie gaan gebeur nie. Ek was vreemd verlig toe ek die boek kon neersit aan die einde. Maar dit is toe wat die boek weereens met my begin praat en my nie wou uitlos nie. Soveel eerlike, rou emosies en vreeslose liefde van Giel!
Baie dankie vir ‘n wonderlike boek, Francois. Werklik ‘n boek om te lees.