Onthou jy nog die heerlike vervolgverhale van SPRINGBOKRADIO?Een van die Skrywers van daardie verhale is Francois Stemmet. Francois is bekend in Suid-Afrikaanse huishoudings vir sy deelname in radiostories, oorklanking en TV-reekse.U het hom gesien in VILLA ROSA en in die KykNET vervolgreeks, DRYFSAND. Daarna het hy ook ‘n draai gemaak in Sewende Laan en in Binnelanders.
Francois het reeds sy eerste Springbokradio vervolgverhaal in 1978 geskryf en uitsendings het in Julie 1978 begin. Die verhaal, DIE PAD OOR KLEINBEGIN, spog met talle bekende spelers. Francois Stemmet het onlangs besluit om hierdie gewilde verhaal in roman vorm te verwerk.Die titel is steeds, DIE PAD OOR KLEINBEGIN.
DIE PAD OOR KLEINBEGIN is die verhaal van ‘n man met ‘n droom, wat in ‘n idilliese vallei in die Boland grond koop. Hy loop hom vas teen die snobisme van die gemeenskap wat vreemdelinge, wat nie die nodige Franse Hugenote agtergrond het nie, as indringers en ongewenste elemente beskou. Dawie Van Den Berg is egter vasberade om te bly en trotseer ongekende teenkanting van sy buurman, Pierre le Roux en Pierre se bedorwe dogter, die pragtige Yolande.
Susy Basson, ouer suster van Pierre, kom egter tot Dawie se redding en veroorsaak baie tweespalt a.g.v. haar ondersteuning van die sogenaamde indringer.
Dan is daar Elma Theron, die onderwyseres. Gaan dit Pierre wees, of dalk Dawie? En wat sê Yolande daarvan? En waar pas Leon Brits, die jong landboustudent en Yolande se eintlike vriend, in die prentjie? Maar baie belangrik; wie is Eleanor?
Jakes van die Kinderhuis
Price range: R89.00 through R229.00In die hart van ‘n kinderhuis worstel Jakes met sy moeilike verlede en sy geveg vir aanvaarding in die samelewing. In sy soeke na sin en identiteit, vind hy ‘n onverwagte bondgenoot in Anneli, ‘n meisie wat anders na hom kyk en glo in sy ongesiene potensiaal. Te midde van konflikte en misverstande, ontvou ‘n verhaal van groei en selfontdekking, terwyl Jakes poog om die kettings van sy afkoms te breek en sy ware self te vind.
‘n Inspirerende verhaal wat getuig van die krag van verandering en hoop.

Reviews
There are no reviews yet.