Jessica Venter

Jessica Venter is ’n passievolle Suid-Afrikaanse outeur, toegewyde eggenote en liefdevolle ma van twee kinders – asook vyf hondjies wat haar lewe met hul lewenslus en manewales verryk. Sy is oorspronklik van Pretoria en is deur haar ma, ’n enkelouer, grootgemaak. Vandag woon sy in Randfontein waar sy die administratiewe take van haar man se besigheid behartig.

Jessica se liefde vir skryf het reeds in haar kinderjare begin toe sy eenvoudige gediggies neergepen het. Die skryfgogga het egter eers ’n paar jaar gelede behoorlik gebyt, en sedertdien het sy nie weer opgehou nie. Sy het verskeie skryf- en digkursusse voltooi om haar vaardighede te slyp, en skryf het een van haar grootste passies geword.

Ten spyte van ’n besige leefstyl, maak sy altyd tyd vir skryf. Sy het reeds sestien boeke op haar naam, is deel van verskeie gesamentlike bundels, en het twee digbundels gepubliseer. Sy glo dat Vader haar steeds sal seën met inspirasie vir nog baie stories wat wag om vertel te word.
In haar vrye tyd geniet sy dit om te lees, te verf en oefening te doen.

Sy is sommer net ’n kaalvoet meisiekind, vol drome in haar hart wat op papier oorstroom, en met haar ink, kleur en woorde, sal sy haar bes doen om jou wêreld te geur.

Author's books

EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anderkant die Einde (Groot Druk)

Price range: R59.00 through R179.00

Na haar pynlike egskeiding en die dood van haar seun, begin Maryna Joubert ’n nuwe lewe in Pretoria. Daar ontmoet sy Chris Greyling, ’n leerder wat haar aan haar oorlede kind herinner, en sy bied hom ekstra wiskundelesse aan. Sy bots gou met Wikus, Chris se pa, maar leer hom stadig ken en haar hart vind weer hoop. Tog hou Wikus steeds vas aan sy oorlede vrou, en Maryna moet eers met haar eie verlede vrede maak voordat sy kan glo dat daar ’n nuwe begin anderkant die einde wag.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verlos deur genade (Groot Druk)

Price range: R69.00 through R189.00

Wanneer Johan Du Pisanie een oggend op die strand ’n
verwoeste, bebloede vrou ontdek, besef hy nie dat sy lewe
onherroeplik gaan verander nie. Karin, ’n vrou met ’n pynlike
verlede en geheime wat sy nie sommer deel nie, word
onverwags deel van sy huis en sy dogtertjie Katy se wêreld. Vir
Johan bied sy hoop op nuwe liefde; vir Karin ’n kans op
genesing, vergifnis en ’n toekoms sonder skuld. Maar haar
verlede weier om haar los te laat – en gevaar lê steeds op die
loer.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Genees deur liefde (Groot Druk)

Price range: R99.00 through R209.00

Christine kry ‘n groot kontrak as argitek by ‘n hospitaal se aanbouings by die kankerafdeling. Sy is opgewonde oor die nuwe projek, want dit kan haar naam in die bedryf bevestig. So leer ken sy vir Albert, een van die hartspesialiste by die einste hospitaal. Hoe meer tyd hulle saam spandeer, hoe harder val sy vir hom. Tot die noodlot haar tref en sy met leukemie gediagnoseer word. Haar geloof wankel en sy sluit Albert uit, om sy gevoelens te spaar. Maar toe sy ‘n anonieme skenking vir beenmurg kry en dit haar lewe red, besef sy dat haar geloof in haar Hemelse Vader se liefde haar deurgedra het. Sy het egter nie rekening gehou met Albert se gevoelens vir haar nie en hy stap die pad saam met haar. Totdat Lukas, Albert se broer, ‘n vlieg in die salf word en hulle geluk in die weegskaal hang.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Want liefde is lekker (Groot Druk)

Price range: R89.00 through R189.00

Marlé is ’n boekvraat en sy vind haar werk as bibliotekaresse bevredigend. Toe sy die dag ’n plek benodig om een van die skrywers se boekbekendstelling te hou, kom haar jarelange vriend, Pieter, tot haar redding. Pieter se verloofde het hom voor die kansel gelos, wat hom sku maak om weer by ’n vrou betrokke te raak, maar die man besit nog al die jare haar hart, al sien hy haar nie eens raak nie. Pieter is lank reeds bewus van die mooie Marlé wat allerhande ongehoorde gevoelens in hom aanwakker, maar hy is bang vir seerkry en dit maak hom skrikkerig om sy hart aan haar toe te vertrou. Daarom maak hy aan Marlé ’n voorstel wat hy dink hulle albei kan baat: Friends with benefits… Hy reken as hy fisiek vervuld is, sal die ewige smagting na Marlé dalk stop.
Marlé aanvaar sy simpel voorstel. Friends with benefits is dalk die enigste manier hoe sy naby genoeg aan Pieter kan kom om hom te wys wat hy mis. Haar vriendin, Klaradyn, se waarskuwing dat so ’n eensydige liefdesverhouding net hartseer tot gevolg gaan hê, val op dowe ore. Marlé plaas haar hart op die spel om Pieter te oortuig dat alle vroue nie daarop uit is om hom seer te maak nie. Maar die hart laat hom nie voorskryf nie. Pieter se plan om nie emosioneel by Marlé betrokke te raak nie, kom hom duur te staan toe hy amper te laat besef dat liefde tóg lekker kan wees.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Want liefde is lekker

Price range: R39.00 through R139.00

Pieter is lank reeds bewus van die mooie Marlé wat allerhande ongehoorde gevoelens in hom aanwakker, maar hy is bang vir seerkry en dit maak hom skrikkerig om sy hart aan haar toe te vertrou. Daarom maak hy aan Marlé ’n voorstel wat hy dink hulle albei kan baat: Friends with benefits…

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Tsoenami liefde

Price range: R99.00 through R219.00

Sy begin met ander oë na Ivan Viljoen kyk toe sy onthou hoe verlore hy en sy dogter daardie dag gelyk het. Om ’n tienermeisie pa-alleen groot te maak, kan seker nie maklik wees nie.
Soos die tyd verloop en hulle al hoe meer in mekaar se geselskap beland, tref die liefde haar nes daai fratsgolf van destyds, maar Ivan is nog glad nie gereed om aan te beweeg nie. Hoe ding sy mee met sy oorlede vrou se herinneringe? Dan verskyn daar nog ’n spook uit Ivan se verlede waarmee geeneen van hulle rekening gehou het nie.
Kan Cindy hierdie nuwe verwikkeling dalk tot haar voordeel gebruik om Ivan van haar goeie intensies te oortuig? Of gaan dit nog ’n groter struikelblok veroorsaak?

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Anderkant die einde

Price range: R39.00 through R139.00

Toe Maryna Joubert voor haar graad nege klas staan, trek een seun, Chris Greyling, haar aandag. Na haar seer egskeiding met Anton en die dood van hulle seun, Deon, het sy besluit om in Pretoria ’n nuwe toekoms te begin maar met Chris wat haar so baie aan haar oorlede seun herinner, is dit moeilik om aan te beweeg. Toe Chris egter hulp nodig het met ekstra wiskundelesse, kan sy haarself nie help nie en bied hulp aan. Hoe kan sy met ’n spook kompeteer vir sy hart? Sy is so bang om weer te misluk en weer seer te kry.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Verlos deur genade

Price range: R39.00 through R139.00

Sal die blitsbesluit van Johan sy lewe kompliseer of dalk draai na die liefde? Lees die aangrypende verhaal van Johan en sy vyfjarige dogtertjie Katy, na hy hom ontferm het oor die vreemde vrou, Karin.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
PAPERBACK
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Woordvlerke

R159.00

met gedigte
skilder ek weggesteekte seer emosies
dis my sielsasem
wat deur my are vloei

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page
EPUB PAPERBACK PDF
Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Lang pad na vergifnis

Price range: R59.00 through R159.00

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?
Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

Select options This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page